"Baie dankie vir die pragtige SARIE-kalender vir 2009. Ek het so baie daarvan gehou, en besluit dat dit net eenvoudig nie sou deug om dit agter 'n toiletdeur weg te steek nie! Ek het 'n kaal, verbeeldinglose muur in my sitkamer gehad en het net nie geweet wat om daar te hang nie. Toe kry ek 'n blink idee!  Ek het al my ou fotorame gaan uitkrap, die kalenderprente geraam (sowel as 'n paar Marilyn Monroe-prente), en dit toe in 'n patroon gehang waarvan ek hou. Dit lyk stunning! Ek is baie trots op my SARIE-muur!"

Mariska Nel, SARIE-leser van Worcester

Wat dink jy van ons 2009-kalender? Klik hier en vertel ons.