Danie Bester was só geraak toe hy gebroke en mishandelde vroue en hul kinders vir ’n brosjure afgeneem het by The Cradle House of Restoration in Wes-Krugersdorp dat hy ook sy deel wou doen.

Nou kan jy ten bate van hulle bie op sy geraamde foto-afdruk van Newtown, Johannesburg. Bie tot ?29 Februarie voor 12:00 by www.thecradleofhope.org.

Die A1-grootte werk is sowat R4 800 werd. Die stigter, Melodie van Brakel, is ook ’n finalis in die Clarins/SARIE Most Dynamic Woman-toekenning.