Sy is beeldskoon en slim en het boonop ’n hart vir ons planeet. Die voormalige Mej. Aarde SA Ilzé Saunders is in Februarie met haar beste vriend, Dewald Buys, getroud. Nou blog sy vir SARIE.com oor haar lewe, die lesse wat sy leer, en haar nuwe avonture.  

Hier’s haar sewende inskrywing:

Ek lees nou die dag ’n artikel oor seisoenale depressie, wat veral tydens die winter ervaar kan word. En met die winter wat nou ons kuiergas is en haar koue in elke vertrek blaas, word ons gemoed beslis beïnvloed. Maar ek wil dadelik uitbasuin: die lewe is te kort! Moenie uitmis op die mooi van die lewe en die mooi wat elke seisoen jou kan bied nie.  Dit sluit winter in!

Maak jou kas se deure oop en skep snoesige uitrustings met kleure wat jou gelukkig maak én waarin jy goed voel. Swoosh jou styl op met ’n paar serpe en hoede van verskillende kleure. Ek kan jou verseker jy sal sommer vinnig goed voel!

Wanneer laas het jy vir iemand ’n sommer-net-kompliment gegee? Of net geglimlag as jy verby iemand stap? Beweeg met selfvertroue en glimlag vir die mense rondom jou. Gee komplimente met ’n glimlag en sien hoe hul gesigte ophelder! Dis nóú die kans om die winter op te warm.

Hier's so paar inspirasie-wenke om die winter te laat glimlag:  FOTO Mitch Bergh
Stilering en grimering: Liesel Louwrens van Aknowledge Beauty, Style & Make Up

Tot volgende week  - wees bevonk! 

Ilzé Saunders