EK WIL...

1. My gr. 7-naaldwerkprojek oordoen. Ek het dit gedop. Ek dink ek sal nou beter vaar. Al het ek steeds geen talent nie, sal ek minder giggel en meer brei.

2. Verdi se “Requiem” dirigeer. Enige orkes, enige koor, solank dit enorm is. (Ek het van kleins af voor die spieël gestaan en op allerhande stukke musiek met ’n potlood in die hand gedirigeer. Ek’s nou nog spyt ek het nooit ’n instrument leer speel nie. Om te dirigeer sal my hopelik nader daaraan bring.)

3. Vir altyd en altyd uit my maag kan lag.

4. Soveel moontlik leer en ervaar sodat ek eendag vir my kind(-ers) ’n goeie ma kan wees.

5. By projekte betrokke raak wat vir kinders kos gee by skole.

6. Nooit ophou om mense te vertrou nie.

7. Die metaforiese snooze-knoppie op my selfoon meer gereeld gebruik (want dit sal my leer om te dink vóór ek praat).

8. Leer sokkie (sodat ek nie so uit voel op partytjies nie).

9. Aan ’n vermaaklikheidsbedryf bou met genoeg werkgeleenthede en kreatiewe uitdagings vir almal.

10. Rotsklim. Dis mý sportsoort, ek kan dit aan my lyf voel. Ek wil leer om dit te doen.

Boer soek ’n vrou begin op Vrydag, 17 Julie, op kykNET

Kry jou Augustus-SARIE vir nóg drome van swemmer Roland Schoeman, aktrise Milan Murray, Pasella-aanbieder Paul Rothmann, sanger Jennifer Jones, en 7de Laan-akteur Christo Davids.

Wat is die dinge wat jy nog wil doen?