Australiese handelsmerke soos Country Road, Witchery, Trenery en Mimco is baie suksesvol in Suid-Afrika. Saartjie sê vandag wat sy dink van Colette by Colette Hayman - nóg ’n Aussie-handelsmerk wat ons nou hier plaaslik kan koop ...

SAARTJIE hastagEk weet nie of dit is omdat die Australiese klimaat baie dieselfde as Suid Afrika s'n is nie, maar duidelik is handelsmerke soos Country Road, Trenery, Witchery en Mimco suksesvol hier.

Die groot verskil tussen dié handelsmerke en Colette by Colette Hayman is dat laasgenoemde meer bekostigbaar is! Ek kon my oë nie glo toe ek by die bekendstelling was nie - sakpas juweliersware om enigeen ’n splinternuwe voorkoms te gee.

Ek is veral mal oor die bonkige chain link-halssnoere wat tans ’n groot trend is.

Colette by Colette Hayman is nie net juweliersware nie, die reeks bestaan ook uit handsakke en beursies. En dit is net so stunning!

Beursies - Colette by Colette Hayman

Tans is daar net ’n winkel in Canal Walk in die Wes-Kaap, maar binnekort maak daar ook winkels in die Clearwater- en Rosebank-winkelsentrum (Johannesburg) oop, asook by die Woodlands Boulevard in Pretoria. Ek sal julle op hoogte wanneer dit gebeur.

Hoe sê hulle altyd? Die vere maak die voël. En hier is nou vir jou mooi vere ...