Saartjie sê wat sy dink van die plaaslike modeontwerpers by vanjaar se Suid-Afrikaanse Modeweek.

SAARTJIE hastagEk het ongelukkig die eerste dag van die Modeweek gemis, maar dit is wat ek van die ontwerpe by die tweede dag gedink het.

Ek kan in alle eerlikheid sê dat die handelsmerke Black Coffee en Terrence Bray die wenners van die aand was.

Black Coffee by SAFW, Foto: Simon Deiner/SDR Photo Black Coffee by SAFW. Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Black Coffee bly net ’n meester danksy sy ongelooflike detail en vakmanskap. Elke item in hierdie reeks is ’n versamelitem.

Terrence Bray - wow! Die patrone wat lyk soos Suid-Afrikaanse fynbos, is só mooi. Die kombinasie daarvan saam met die speel van plooie en ander teksture is regtig iets om na uit te sien in 2014 se somer-seisoen. In sy reeks is daar iets vir elke vrou - maak nie saak hoe oud jy is nie.

Cloche se hoeduitstalling was ook ongelooflik. Dit moet jy egter van naderby sien om dit te kan waardeer. Elke liewe blinker is een vir een met die hand vasgewerk! Ek sal regtig graag wil weet hoeveel ure sy aan een hoed spandeer. Maar dan het van die ontwerpers my ook teleurgestel. Ek het meer verwag van hulle. Daar is ontwerpers se reekse waarop ek net kan sê "blaah". So hier en daar in dié vervelige reekse was daar darem so een - en as jy gelukkig is - twee mooi items. Ek sien baie uit na Albertus Swanepoel se reeks vanaand! Klik hier om te sien wat alles mooi was en wat ons kan verwag van ons plaaslike ontwerpers vir Somer 2014-'15