Saartjie was nóg ’n aand in die frow (fashion front row) by die SA Modeweek en dís wat sy gedink het van Vrydagaand, 4 April, se modes.

Lees hier wat sê Saartjie oor Dag 2

SAARTJIE hastagOor die algemeen was Vrydagaand goed vir mode - behalwe vir één ding wat my (en ander in die modebedryf) as vreemd opgeval het. Maar kom ons begin met die goeie nuus ...

My gunsteling vir die aand was definitief Albertus Swanepoel se versameling. Die eklektiese gevoel met die Afrika-twist maak my opgewonde oor dié reeks. Ek was veral mal oor die rompe en sy skoene. Sy oog vir detail is ook ongelooflik as jy kyk na die tipe bekomstighede wat saam met elke uitrusting gestileer is.

Albertus Swanepoel SAFW SS14Joel Janse van Vuuren se ontwerpe sal enige vrou vroulik maar terselfdertyd eteries laat voel. Met sy kenmerkende tie dye-tegniek is dié reeks uitgeknip vir ’n vrou wat hou van iets spesiaals wat die mense aan die praat sal hê.

Anmari Honiball se inspirasie vir haar oorgroot silhoeëtte was vervoertrokke! Vreemd, maar baie goed deur haar ontwerpe ingewerk. Die kleurskakerings en algehele konsep vir haar ready to wear-reeks is beslis vir trendsetters bedoel.

En nou vir die vreemdste ding... Die Lufthansa-ontwerperskompetisie wat die beste versameling moes aanwys, het vanjaar nie op ontwerp en gehalte gefokus toe die keuse gemaak is nie. Nee, dié wenner is eerder deur ’n gelukkige trekking gekies. Regtig? ’n Lucky draw?

Só lyk die res van die reekse: