Haar leesplesier - maak nie saak wat alles op Miami Beach aangegaan het nie - was natuurlik SARIE.

"Ek was vir nege dae in Amerika, drie daarvan New York, drie dae in Orlando en nog drie in Miami. My werk het vir my die vliegtuigkaartjie gegee omdat ek vierde in SA gekom het met die tweede GR(SA)-raadseksamen. My kêrel was vir drie maande in New York op 'n uitruilprogram en ons kon saam die laaste week vakansie hou. In New York het ons West Side Story by die Broadway-teater gaan kyk en was selfs heelbo op die Empire State-gebou. Disney World se Magic Kingdom was ongelooflik.

Vandat ek kan onthou is my ma ingeteken op SARIE en ek en my twee susters lees dit al van kleins af. Ek geniet die tydskrif baie!"