"Die uitdaging is groot. Nog nooit in die geskiedenis sal soveel mense tegelyk stroom na die suiderpunt van Afrika nie. Vir ons sal dit 'n groot jaar wees; die kollig is op ons. En SA sál perform. Ons sal ons vlag waai, ons volkslied sing en ons vuvuzelas blaas. Want in 2010 máák dit saak." - Michélle van Breda, redakteur

"Ek is baie opgewonde oor die feit dat hierdie groot gebeurtenis in ons land plaasvind waarop die hele wereld gaan in-zoom. Al die internasionale celebrities gaan ons land besoek en hopelik hul positiewe ervarings met ander bekendes oorsee deel. Dit gaan baie goed wees vir ons land se beeld oorsee." - Gina Oosthuizen, produksiebestuurder

"Ek is opgewonde om ander mense opgewonde oor ons pragtige land te sien. Die wêreld gaan nie weet wat hom tref nie." - Liezl Temmingh, student

"Ek raak baie opgewonde oor al die veranderings wat om ons plaasvind. Nuwe paaie, beter lughawe en publieke vervoer. Niks van hierdie dinge sou ooit gebeur het sonder 2010 Wêreldbeker-sokker nie." - Herman Lensing, kosredakteur

"Ek het laas van sokker gehou toe ek in die laerskool saam met my maatjies (net die meisies) kaalvoet sokker gespeel het. Die opwinding om 'n doel te skop was groot! Daardie selfde gevoel is nou besig om my so stadigaan te tref. En om die stadion te sien vanaf Bloubergstrand is onwerklik!" - Enid de Beer, assistent-kunsdirekteur

"My grootste opwinding is die internasionale sokkersterre soos Beckham en kie. wat kom en natuurlik die fantastiese opgradering van ons infrastruktuur in Gauteng! Die hype in Pretoria en Johannesburg het al begin en groei daagliks met mense wat sokkerhemde dra op Vrydae en elke dag letterlik aftel. Ek kan nie wag nie!" - Phyllis Green, senior fotograaf

"Ek sien uit na die internasionale celebs wat die land danksy die Wêreldbekker-sokkertoernooi besoek en

Jy kan een van Barbara se nuwe kookboeke wen!

Vertel vir ons hieronder in die kommentaarboksie wat jou opgewonde maak rondom 2010 en als wat vir SA voorlê. Waarna sien jy uit, waaroor is jy positief?

al die lekker stories wat SARIE moontlik op dié manier gaan kan uitsnuffel en met ons lesers kan deel!" - Marguerite van Wyk, senior joernalis

"Kaapstad bly vir my een van die ongelooflikste stede in die wêreld - dit het so baie om te bied vir toeriste! Ek hoop mense bly aan, dat hulle 'n heerlike tyd sal hê en ander sal inspireer om ook te kom. Hopelik groei ons toerismebedryf verder en bring dit ekstra werkskeppingsgeleenthede." - Lindi Wehrle, spesiale projekte-bestuurder

"Eenheid en samesyn van lande en verskillende nasies maak my opgewonde, en ek het hierdie prentjie in my kop van twee hande wat uitreik na elke land en dit touvou soos 'n blom om eenheid in die wêreld te simboliseer." - Liesel Pienaar, redaksionele assistent

"Daar's niks lekkerders as daardie warm gevoel binne 'n mens se hart wanneer 'n wêreldgebeurtenis soos hierdie mense van all walks of life byeenbring nie. Dan word daardie glimlag of geselsie met 'n vreemdeling 'n kans om ons land 'n beter plek te maak. Ek sien ook uit om op ons nuwe busse in Kaapstad te ry en nog talle groot musiekkonserte in ons nuwe stadion by te woon" - Lou-Ann Stone, web-joernalis

"Ek deel 'n huis met twee sportmal-mans in my lewe - my man en my seun. En ná die finale sokker-trekking loop die 2010-koors hoog, want sokkerkaartjies is volgende op die lys! Ek sal selfs nou 'n vuvuzela op my stoep verduur! Ek hoop Kaapstad word in dié tyd ook "the city that never sleeps", en dat Kapenaars en buitelanders enige tyd van die dag en op enige plek veilig en lekker soos ou vriende gaan saamkuier. En ons móét spog oor ons land en sy mense. Ek is een trotse Suid-Afrikaner wat dit doen, veral aan jong buitelandse studente wat van tyd tot tyd by my tuisgaan. 2010 maak my persoonlik ook opgewonde vir alles wat ek nog wil vermag voor die einde van die eerste dekade van die nuwe millennium." - Mercy Morkel, assistent-redakteur