My geliefde hand aan die bos ...

My geliefde hang aan die bos ...

My geliefde hang aan die ....

Nee, daar nie ’n bitterbessiebos op Paternoster nie.

Jy ... die man van my lewe,

want net ’n eenmalige aks van ’n bestaan ervaar mens ’n LEWE soos dié met jou gedeel.

Jy ... die man van my sterrestelsel,

want het jou snags tussen die planete gevind al was ons ligjare in afstand gemeet in liggaam geskei.

Jy ... die man van my hart se lied,

die lied van ’n bruinoog agter die paviljoen.

Jy ... jy hang gedagtes aan die anker op Paternoster.

Jou oë se blou,

blouer as die see se grou,

blouer as die giggel-geel-daglug se blou,

kleinseuntjie-stoute blou.

Die lag sit vas in jou oë se blou.

Die lag sit vas in die warm van jou stem.

Die warm van jou stem,

In die soet van jou mond.

Jy ... die man van my lewe,

Herorganiseer die leefruimte van die huisie by die see,

(die huisie by die see

roep hom Bokkompie,

met ’n blou skuit op die sypaadjie,

blou soos jou oë),

sodat ons knus op die bank kan wees

as jy die kaggelvuur bou

tot ’n rooiwang-hitte.

Die hitte van die kaggel verdryf Oktober se nagkoud.

Die hitte van die kaggel

soos die vat van jou hande.

Jy ... die man van my lewe,

Herorganiseer my denkwyse

as ons op rotse sit en groot en klein woorde ruil.

Jy ... die man van my lewe,

trap spore op die strand,

spore langs my, soms voor my.

Spore het jou ver gevat vroegoggend,

twee paar spore het sentimener vir sentimeter

elke duim van Paternoster ontdek.

Kaalvoet-spore volg jou stap,

kaalvoet in my hart getrap.

Jy tel broeksakke vol skulpe op om in die wind te hang,

die wind wat waai by ’n Suiderbaai.

Jy ... die man van my lewe

bederf my siel.

Jy lei my na die volmaan

teen die kamermuur.

Suur witwyn word soet op die tong

’n Maandagaand by ’n tafel gedeel

op die Voorstrand se stoep.

Jy ... die man van my lewe

speel vir my liedjies met woorde,

woorde wat betekenis

aan herinneringe vasheg.

Herinneringe wat net een maal

in ’n lewensbestaan van 43 jaar gebeur,

herinneringe wat jou meesleur.

Dankie jy, man van my lewe

met die oë so blou,

wat tot vandag se tyd

my hart omkeer in tamboer-gesang,

wat tot vandag se tyd

die ritteltits deur my lyf laat gly

deur slegs in my gesigsveld te wees.

Dankie vir ’n leeftyd se onthou

en vashou

aan Paternoster se tyd gedeel met jou. Van Katonkel