Met die koue weer wat in sommige dele van ons land reeds sy tande gewys het, is ek só opgewonde oor die nuwe winter-trends. Vandag is my obsessie: leer (en dít sluit ook die namaaksel "pleather" in!).

SAARTJIE shop

Jip, neem inspirasie van jou inner rocker. Die leer-trend beteken egter nie dat die hele item van leer is nie, maar ook dat klere leer-detail het.

Onthou net, as ek hier sê leer, dan bedoel ek kunsleer. Vanoggend is ek in die Moederstad en die laid-back style van die Kapenaars maak my veral opgewonde oor die leer-trend. Ek het dadelik gaan kyk wat ek aanlyn kan vind - en daar is baie modieuse items in van MRP.com, Woolworths, Truworths en ook SARIE se eie aanlynwinkel.

Kyk hier wat ek alles gevind het, klik as jy dit graag wil koop