Nasionale cleavage-dag is Your Breast Investment se bewusmakingsveldtog vir borskanker, veral HER2-positief, die mees aggressiewe vorm van borskanker. Min mense besef dat daar meer as een soort borskanker is, en hoe uiters belangrik vroeë diagnose is.

Meer as 70% van alle borskankers word deur die vrou self of deur haar maat ontdek. Behandeling het oor die jare so gefokus geraak dat dit nou net op die borsweefsel inwerk en nie meer die hele liggaam beïnvloed nie.

Vroeë ontdekking bly egter NOODSAAKLIK, daarom moet jy jou borste gereeld ondersoek.

**Goeie nuus! Ons borskanker-blogger, Minette Stone, het gister uitgevind sy's kankervry ná haar behandeling. Lees haar blog: "Daar's 'n knop in my bors, wat nou?!"

Bors-ondersoek 101

  • Weet hoe jou borste normaalweg lyk.
  • Weet vir watter veranderinge in die weefsel of voorkoms jy moet uitkyk.
  • Ondersoek jou borste gereeld.
  • As daar 'n verandering is, gaan sien jou dokter onmiddellik.
  • Gaan vir gereelde geskeduleerde  bors-ondersoeke by jou dokter.