My liefste, ek het my toonnaels geverf, my hakke geskuur, my hare ge-“condition” en gestryk, my bene en onderarms laat waks, my lyf geparfumeer vir jou sodat jy kan dink ek is mooi. Begeer my, kom lê by my vanaand, raak aan my, ruik die roosbrief wat ek diep in die geheimste stiltes van my lyf vir jou geskryf het. Druk my teen jou en voel hoe ek sag teen jou hardheid meegee. Trek my aan soos ’n trui sodat ek jou kan warm hou in hierdie koue somer. Met liefde ...