Nina Brown was ’n hoogs suksesvolle sakevrou wat maklik 15 uur per dag gewerk het. Sy het in 2001 die toekenning Sanlam/Business Partners Entrepreneur van die Jaar gewen.

Maar haar siel was “morsdood”. Vandag is sy ’n stylkonsultant en droom-afrigter (sy help mense om hul eie drome te visualiseer en waar te maak). Lisa (21), ’n grimeerkunstenaar en fotograaf, werk saam met haar ma op Stellenbosch.

SY DEEL HAAR LESSE

* Balans is belangrik: Ná twintig ?jaar besoek ek gereeld die gimnasium, stap met die honde, ?braai met my gesin, lees baie, kuier met vriendinne.

* Verslap rigiede lewensoortuigings.

* Omring jouself met “ligte” mense en mentors.

* Moenie afhanklik wees van komplimente nie.

* Gebruik jou kennis om ander ?te help.

* Teleurstellings help jou om te groei.

* Vertrou jouself.      

HET JY JOU LEWE VERANDER? DEEL JOU STORIE HIER