Haar kortfliek, Saving Norman, is op 25 Mei tydens ’n rooitapyt-geleentheid in Braamfontein, Johannesburg, bekend gestel. Willem het my gou op my gemak laat voel. Hy isplat op die aarde en het ’n heerlike humorsin. Hyvertolk die hoofkarakter, Lionel Pembrooke, ’n depressiewevoormalige tafeltennisster.Die fliek gaan oor ’n ou wat in sy twintigs ’n baie groottafeltennistoernooi misgeloop het weens ’n verkoue en jarelater nog suur is daaroor. Daar is vier karakters en ons het di toor twee dae geskiet.

Ek het geleer as jy skiet, moet jy nie telank dink oor iets nie. Knyp jou oë toe en volg jou instink.Kevin Spacey was die kreatiewe direkteur. Hy het gewoonliktelefonies gekommunikeer en was altyd baie positief. Dit wasmy eerste keer in LA en dit was ongelooflik om saammet só ’n ervare produksiespan te werk.Ek wou eintlik ’n wildbewaarder word, hoewel ek mal isoor skryf. Dit neem baie lank om ’n draaiboek te skryf, soms meer as ’n jaar. En jou vel moet dik wees, want jy kry baie kritiek.

Jimmy in Pink, wat in Augustus verskyn, was my eerstevollengte-fliek wat ek geskryf het en dit was wonderlik ommet groot geeste in die filmbedryf te werk. Ek was ook medeskrywer,saam met Henk Pretorius, van die prettige Bakgat 3,wat in September te sien is. Die skrywer Riana Scheepers se Blinde Sambok is hopelik my volgende draaiboek.”

*Kyk na ons rooitapyt-onderhoud met Kevin Spacey op sarie.com