Hierdie maand vier ons inspirerende vroue

Die sangeres Zanne Stapelberg het 12 kg afgeskud ... Lees haar storie en dieetwenke hier!

“Iets wat Oprah eenkeer gesê het, motiveer my: ‘Nothing tastes as good as thin feels.’ Dis my mantra wanneer ek lus is vir iets lekkers.”

Dit was ’n foto wat haar tot stilstand gedwing het. Toe die operasanger Zanne Stapelberg sowat twee jaar gelede in die Kalahari gaan uitspan het, was sy die swaarste wat sy nog was.

“Ek het groot geskrik toe ek myself sien op al die foto’s wat my man [ Jomar de Lange] geneem het. Ek kon nie glo ek het myself so laat gaan nie.”

Sy het ’n moeilike tyd agter die rug gehad ná twee miskrame. Die laaste een was ’n jaar voor daardie vakansie toe sy ’n seuntjie op vyf maande verloor het. Sy het haar ná dié miskraam van haar lyf “gedistansieer”, vertel sy.

En die gewig het stelselmatig aan haar lyf kom sit. “Ek het geëet om myself te troos.”Toe sy kort daarna met haar dogter, Maja, swanger raak, het sy “net verder geëet”.

Toe besluit sy genoeg is genoeg.

Zanne het haar eie eetplan saamgestel. “Ek het al baie navorsing gedoen oor gewigsverlies.”

Voorheen het sy byna net van stysel geleef. Toe vervang sy haar gunsteling-kos soos brood, pannekoek en skyfies met gesonder opsies soos ongegeurde jogurt met neute en heuning, slaaie, sop en rogbrood, groente, vrugte en vis, veral salm. “Ek eet nou baie proteïene, vrugte en groente. Hoe rouer, hoe beter. Suiker is ook uit.”

Om minder stysel te eet is “een van die moeilikste opofferings van ’n slanker ek”, erken sy. “Wanneer ek ’n aartappel, pasta of ’n stuk mosbeskuit eet, hoor ek engelekore sing!”

Sy bederf haarself darem een keer per week met haar groot liefde: enigiets met deeg, van pizza tot ’n wafel. “Ek wil nie voel ek ontneem myself nie. Jy weet hoe dit is: As jy vir jouself sê jy mag iets nie eet nie, is dit ál wat jy wil eet.”

Zanne weet uithonger werk nie. Sy het so sewe jaar gelede sowat 15 kg afgeskud met ’n streng dieet. “Ek kon ’n no. 34- broek met die knope vas aantrek! Ek was heeltemal te maer, want ek is 1,80 m lank. En ek was verskriklik ongelukkig. My man sê ek is nie nice as ek maer is nie,” lag sy.

’n Paar maande later het sy weer al die gewig aangesit. “Ek het heeltemal oorboord gegaan met kos.”

Zanne voel nou sy verloor gewig op ’n gesonde manier. “Ek stel ook ’n voorbeeld aan Maja oor hoe om gesond te leef en positief oor jou lyf te voel.”

Sy was nog altyd selfversekerd. “Tog dink ek ek was nie altyd eerlik oor hoe ek gevoel het nie. Ek kon my emosies van dag tot dag ignoreer.”

Maar op die verhoog was dit ’n ander saak, erken sy. “Ek het die mooiste konsertklere, maar dit het naderhand nie meer gepas nie. Ek het duisende rande bestee aan groter klere, maar ek het nie lekker daarin gevoel nie en dit het my optrede beïnvloed.”

Nou is dit iets van die verlede. “Ek kan nie wag om in die oggende aan te trek nie.”

Sy wil nog 10 kg verloor, maar dit raak al hoe moeiliker. “Noudat ek naby my doelgewig is, voel ek ek kan meer kroek. Maar ek gaan nie moedeloos raak nie. Ek het al so ver gekom.”

’n maand lank ’n eetplan gevolg wat ’n dieetkundige vir haar saamgestel het. Sy het ook begin met kataboks-klasse.

“Dit was ’n maklike eetplan. Ek moes ses maaltye op ’n dag eet en kon byvoorbeeld vir ontbyt ’n stysel en ’n vrug eet. Daar was ’n hele paar opsies waaruit ek kon kies.”

Sy moes ook kleiner porsies eet. “Ek dink porsiegrootte is ’n probleem vir baie mense wat uit ’n boerehuis kom. Ons word grootgemaak om te veel te eet en nie op te hou voordat al jou kos klaar is nie. Ek kon ’n helse bord kos opeet!”

In die maand wat sy die eetplan gevolg het, het sy 3 kg verloor. “Toe was ek gemotiveerd. Ek het aangehou om te boks en nog 2 kg verloor.”

Sy het lateraan drie keer per week saam met ’n persoonlike afrigter geoefen. “Die laaste 3 kg het ek só verloor.”

Andriëtte glo sy hou haar gewig af omdat sy ’n leefstyl- verandering gemaak het. “Dit gebeur nie oornag nie. Ek het gevind dit vat langer as ’n jaar om nuwe eetgewoontes aan te leer, so gee jouself tyd.”

Verlede winter het sy so 2 1/2 kg aangesit. “Maar ek bekommer my nie te veel daaroor nie. Ek weet ek kan dit weer maklik afskud. Omdat ek die gewig wat ek verloor het al vir ’n hele ruk afhou, het ek nou begin ontspan daaroor. Ek het ’n volhoubare verandering gemaak. Om gesond te eet is nou ’n gewoonte.”

Sy oefen nog gereeld. “Ek gaan gim toe wanneer ek tyd kry. En ek gaan stap gereeld. As jy oefen, is dit soveel makliker om gesond te eet.”

Andriëtte is nou baie gelukkig met haar lyf. “Ek is trots op hoe ek lyk. Ek is nie brandmaer nie. Ek sal nooit wees nie, want my lyf is nie gebou om brandmaer te wees nie. ’n Vrou moenie soos ’n stok lyk nie.”

[box:full:red:both]

Zanne se wenke

Soms kul ek meer as een keer per week. Dit help om te gaan oefen, want dan voel jy nie so sleg daaroor nie. Ek en my man stap gereeld so 4 km op ’n slag.

Dis nie altyd maklik om gesond te eet as jy baie besig is nie. Maar ek probeer om nie maaltye oor te slaan nie. Dit help as jy jou etes beplan.

[/box]