1 Februarie 2010

Ek het ook by die Midem Musiekfees in Cannes, Frankryk opgetree en dit was 'awesome'! So bly om terug te wees in ons land - daar's niks soos Suid-Afrikaners nie! My nuwe CD, 'Die Beste Medisyne', is nou nr. 1 in die land. Dankie almal!

16 November

Gaan vandag na die ateljee om my stem vir die Garmin GPS op te neem. Nuwe CD is oor 2 weke uit, uiteindelik! (Luister na Nataniël, Casper en Dowwe Dolla op die Garmin GPS)

10 November

Het 'n paar lekker dae in Mauritius gehad. Die naweek se feeste was baie pret! Sien uit na 'n besige week.

5 September

Die doen die Hollywood-ding in Kimberley vandag. Ek druk my hande in sement by die Gariep kunstefees. Dit gaan 'n goeie aand wees vanaand.

4 September

Baie trots op my Engel! Sy is oppad Bollywood toe en daarna Texas. Die glanslewe roep! Sy moet net terugkom.

Lees meer oor Dunay Nortjé, Kurt se verloofde.

3 September

Ek is baie dankbaar - die shows loop amazing!

Die lewe is 'n lied, 'n somer-song! He he!

Hier is die Jukebox-speellys vir 6 September

27 Augustus

Weer gestrand op Kaapse lughawe! 2010 hier kom ons! Aaaaai, dis 'n jammerte...

25 Augustus

Ek skryf weer vandag liedjies in die Kaap. Awesome!

21 Augustus

Oppad lughawe toe. Wish me luck! Dit gaan lekker wees om weer voor 'n Kaapse gehoor (in Belville) te sing. Hulle is mos great mense!

Hier is die Jukebox-speellys vir 23 Augustus

18 Augustus

Ek sit weereens in 'n SAA vlug met 'tegniese probleme' en gaan laat wees vir All Access se TV-opname. Ek vlieg gereeld adn dié soort ding gebeur baie, sonder verduideliking! Nie goed nie!!!!

17 Augustus

Ek sit en skryf liedjies in die Kaap. Ai, maar dis lekker met 'n goeie wyn en Kaapse kos! Ek is môre-aand op All Access op M-Net

14 Augustus

Ek is op pad Rustenburg toe vir 'n Sweet Sixteen-verjaarsdagpartytjie. Die ouers moet baie lief wees vir hul kind!

Hier is 16 Augustus se Jukebox-speellys

13 Augustus

"Ek's op die plaas en besig om te help met die bouwerk aan die nuwe lodge. Gebruik bietjie my hande, lekker!"

12 Augustus

"Het gisteraand drie Tempo-musiektoekennings gewen! Beste Manlike Kunstenaar, Beste Dansalbum en Topverkoper van die Jaar. Baie dankie aan almal wat gestem het!!"

11 Augustus

"Tempo musiek-toekennings is vanaand by Emperors. Dit gaan lekker wees om my vriende in die bedryf weer te sien!"

10 Augustus

"Begin skiet aan 'n nuwe fliek vandag. The Race-ist is 'n fliek oor wedrenne. Dit gaan great wees!"

Lees meer oor die fliek hier

8 Augustus

"Nou is ons die beste in die wêreld! Bokke bo!"

7 Augustus

"Ek is vandag oppad Middelburg toe. Die son is uit. Lekker!"

Hier is die Jukebox-speellys vir Sondag 9 Augustus.

6 Augustus

"Ek is oppad na 'n show toe. By Firkin in Centurion. Dis die eerste keer in twee jaar. Ek hoop die mense is vol gees! Dis 'n stunning aand."

4 Augustus

"Ek het groot liedjies geskryf vir die nuwe album en ek chill nou op Knysna. Ek skryf vandag liedjies vir die nuwe CD. Ek sit by Pinnacle Point en kyk na 'n walvis. Awesome!" - Kurt

1 Augustus

"Hey julle. Ek vlieg nou Kaap toe - Aartappelfees toe (ek dink). Kan nie wag vir vanmiddag se toets nie. Go Bokke! Sien julle Sondagaand op Jukebox." - Kurt

Onthou om jou Jukebox-gunsteling op die speellys te kies. Jannie Moolman kuier 2 Aug saam.

30 Julie

"Ek het gisteraand die nuwe Engelse CD by Silverstar gelaunch. Dit was lekker om soveel vriende in die bedryf daar te sien. Ek gaan nou lekker in 'n fliek ontspan, Transformers 2!" - Kurt

Kyk die Kwêla-insetsel oor Kurt en Dunay se verlowing

EKSKLUSIEF OP SARIE.COM
Kurt beantwoord voortaan gereeld die vraag: "Waaraan dink jy vandag?" Só kan ons almal 'n stukkie van sy daaglikse lewe met hom deel. Besoek ook gereeld sy webtuiste vir die nuutste inligting en optredes. Laai ook van sy liedjies af. Lees ook Mathys Roets en Margit Meyer-Rödenbeck (Dowwe Dolla) se mini-blogs