Die tyd is hier om op jou baadjie getakseer te word, vertel Saartjie.

SAARTJIE shopVerlede week het ek vir julle die jas-trends vir die winter gegee. Dié week fokus ons op nog ’n item wat jou warm hou - die baadjie.

Hier is winter 2014 se baadjie-trends:

Bomber-baadjie

Die sportiewe snit is groot nuus en as jy ’n modeliefhebber is, is dit ’n baadje wat jy moet aanskaf.

Snyersbaadjie

Die klassieke snit wat elke vrou in haar kas moet hê.

Motorfietsryer-baadjie

Kyk uit vir hierdie item in leer of kunsleer.

Parka

Hierdie praktiese baadjie beteken gemak en is perfek vir die naweek.

Tommy Hilfiger herfs-winter 2013-2014 veldtog Tommy Hilfiger se herfs-winter 2013-'14-veldtog. FOTO: Verskaf

Denimbaadjie

Denim bly maar ’n staatmaker en met die tydlose denimbaadjie kan jy nie verkeerd gaan nie.

21 baadjies wat jy aanlyn kan koop