Met die tema "Into The Woods" het Poetry & Old Khaki klaar vir ons ’n lekker gevoel gegee van wat ons kan verwag vir winter 2014 - snoesige, gemaklike én elke-dag-dra-items.

SAARTJIE hastag

Saartjie is na die bekendstelling van hul wintermodes genooi en dit was die ene winterwoud-inspirasie ...

Kyk net hoe oulik is die uitnodiging met glitter-voëltjies. Klik hier om dit self te maak.

Ons is bederf met heerlike vars croissants & sterk koffie by The Woodlands Eatery, terwyl ons rustig na al die items gekyk het.

Ek was veral mal oor al die sweater tops en ’n paar gemaklike brogues het my naam geskree. Dit is definitief op my wish list.

Hier is van die lekker snoesige items wat by Old Khaki & Poetry beskikbaar gaan wees: