Toe Bertha Cronjé (nou du Plessis) die middag voor Hansie Cronjé se dood sy oproep kry dat hy sy vlug verpas het, was haar vriendin Alba de Jager by haar. Alba het haar aangemoedig om Hansie weer later te bel. Sonder dat Bertha dit toe besef het, sou dit hul laaste gesprek wees. Hansie het ’n ander vlug gehaal en die volgende oggend het dit soos skokgolwe deur die land getrek: Ons voormalige krieketkaptein is in ’n vliegongeluk naby George dood. In die weke daarna het Alba en Bertha se ander vriendinne haar met liefde omvou. Vyf jaar gelede was dit weer Bertha se beurt om Alba by te staan nadat sy met borskanker gediagnoseer is. Op 8 Maart vanjaar het Alba haar stryd verloor. Maar voor haar dood het haar vriendekring seker gemaak sy vier die lewe saam met hulle en dat sy besef hoeveel hulle vir haar omgee. Súlke vriendinne is die soort wat diep anker in jou menswees, een navorsers aan die Universiteit van Kalifornië in Los Angeles. Dis húlle wat salf smeer aan die seerplekke en ’n invloed het op wie jy is en die vrou wat jy nog gaan word. Ná die publikasie van die boek Divine Secrets of the Ya-Ya Sisterhood deur Rebecca Wells en die gelyknamige fliek in 2002 het verskeie studies oor vroue-vriendskappe opgevlam. Die fliek gaan oor ’n groep vriendinne wat as kinders ’n eed afgelê het om vir altyd vriende te bly. In hul middeljare duik ’n krisis in een se lewe op en die ander vriendinne besluit om te gaan help. Daar was studies wat na “Ya-Ya-oomblikke” verwys as vroue dinge vir mekaar doen wat net hegte vriendinne sal doen. Bertha en Hestrie vertel van sulke oomblikke. Ook Marelize Steyn-Earl, sakevrou en voormalige skoonheidskoningin, onthou hoe vriendinne haar regop gehou het in tye van nood.

Bertha se kalender span Bertha du Plessis ‘Ek is Alba ewig dankbaar dat daardie gesprek nie die laaste was wat ek met Hansie gehad het nie’

 
My reis om te leer van vriendskap en hoe om ’n goeie vriendin te wees het nege jaar gelede met Hansie se dood begin. Daar was ’n paar vriendinne wat in daardie moeilike tyd ’n groot impak op my lewe gehad het. Elkeen het my op haar eie manier deurgedra: Van ’n bemoedigende SMS tot praktiese dinge soos kos aandra, tee maak vir kuiergaste of reëlings help tref vir Hansie se gedenkdiens. Een van daardie vriendinne was Alba. Ek het haar in 2001 ontmoet toe ek as fisioterapeut en sy as spraakterapeut by die Carpe Diem Skool op George gewerk het.

Die middag voor Hansie se dood het sy kom koffie drink. Hansie het gebel en gesê hy het sy vlug verpas. Ek het so daarna uitgesien om hom oor ’n paar uur op die lughawe te gaan haal dat ek nie kon help om selfsugtig-afgehaal en teleurgesteld te klink nie.

"Dit was Alba wat, nadat ek die foon neergesit het, op ’n mooi manier gesê het ek moet hom terugbel, want dis nie sy skuld nie. Sy het ’n paar uur later weer gebel om te hoor of ek wel met Hansie gepraat het. Ek het toe nog nie, maar ek het hom ná haar oproep gebel. Die volgende oggend was hy dood.

Ek is haar ewig dankbaar dat daardie eerste gesprek nie die laaste was wat ek met Hansie gehad het nie.’n Jaar ná Hansie se dood het ek vir Jacques du Plessis ontmoet. Dit was ’n tyd vol verwarrende emosies en konflik in my binneste. Ek is gekonfronteer met die keuse om aan te gaan met ’n lewe sonder Hansie. Dit sou sy dood werkliker maak. Ek wou in die verlede bly, waar ek naby aan hom gevoel het. Ek was gespanne en dinge moet doen. Ons het laasjaar saam met ons kinders ’n boom geplant,’n piekniek gehou, sandkastele gaan bou, ons hartsgeheime op papier neergeskryf en dit in ’n bottel gesit en in die see gaan gooi, koek gebak, ons trourokke aangetrek, gaan kyk hoe die son ondergaan en opkom en saam ’n DVD gekyk in ons pajamas.

Ineke het die idee gekry dat ons ’n kalender moet maak om ons vrouwees en die lewe te vier en sommer net om lekker herinneringe saam met kosbare vriendinne te versamel. Dit was hoofsaaklik ter wille van Alba, maar ook vir onsself, omdat ons almal opnuut gekonfronteer is met hoe kosbaar die lewe is. Hierdie pret saam met ‘susters in geloof ’ sal altyd ’n soete herinnering vir elkeen van ons wees. Ons het besluit die kalender sal nog kan praat lank nadat ons nie meer in hierdie wêreld is nie. Ons het gehoop dit sal vir ons kinders en kleinkinders ’n kykie in hul ma’s en oumas se karakter gee, vir hulle wys dat ons gemaklik met onsself en trots op ons vrouwees was en die lewe gekoester het. Die kalender moes ook ander inspireer, soos wat Alba ons geïnspireer het. Alba (genoem na haar ouma, die bekende skrywer Alba Bouwer) het haar liggaam met ’n positiewe houding en gesonde gees help veg vir lewe. Só het sy elkeen van ons diep geraak. Sy het ons herinner om voluit te lewe.”