Vir ’n vrou is parfuum koop ’n sensoriese ervaring. Ons wandel deur die geurtoonbanke om soveel moontlik parfuums te toets en elke bottel fyn te bestudeer.

Maar hoe kies ’n man? En hoe kies jy vir die man in jou lewe?

Max Priebatsch, handelsmerkbestuurder van die skoonheidshuis P&G Prestige se parfuumafdeling, verduidelik hoe ’n man se geurwêreld werk.

Waarna kyk ’n man wanneer hy vir homself ’n geur koop?

Mans word meer beïnvloed deur reklameborde, logo’s en ander advertensie-taktieke en pyl dadelik af op dit wat vir hulle die interessantste lyk, terwyl vroue verkies om rustig na elke parfuum te kyk en daaraan te ruik. ’n Man probeer óók ’n parfuum op sy vel voor hy dit koop, maar vra meer gereeld raad vir verkoopskonsultante as ’n vrou sodat hy vinniger ’n besluit kan neem.

Hoe kies hy?

Daar is nie data wat dit bewys nie, maar ek glo ’n man kies ’n geur volgens sy persoonlikheid. Sportiewe mans neig byvoorbeeld na ’n parfuum as die advertensie daarvoor baie sportief is, of as die woord “sport” op die etiket is, terwyl ’n metroman hou van modegeure met ’n luukse gevoel en ’n luukse advertensie.

Eksperimenteer hy?

Beslis! Mans is nie bang om nuwe bekendstellings te probeer nie, maar die klassieke geure van ’n handelsmerk bly die topverkopers. Mans neig om terug te keer na hul ou gunstelinge.

Het mans meer as een geur?

Parfuums word ontwikkel vir ’n spesifieke oomblik of geleentheid en mans besef dit nou. Dié dat hulle deesdae verskillende geure dra na gelang van die geleentheid.

Watter trend heers tans?

Sportgeure is groot. Dit is informeel en perfek vir elke dag se gebruik. Handelsmerke stel nou ook dié geure bekend as ’n ontspanne weergawe van hul bestaande klassieke geure.

Kies só vir hom

  • Kies volgens sy persoonlikheid.

  • Doen navorsing oor die geurfamilie waarin sy huidige geur is bv. ’n hout-, Oosterse of sitrusgeur, en koop iets soortgelyks.

  • Koop ’n ligter geur vir die dag en ’n swaarder een vir die aand.

Chanel Allure Homme Sport Eau Extrême Refillable Travel Spray (R1 200 vir 3 x 20 ml EDT). Vanaf Junie beskikbaar Chanel Allure Homme Sport Eau Extrême Refillable Travel Spray (R1 200 vir 3 x 20 ml EDT). Vanaf Junie beskikbaar

Suurlemoen en papaja is vars in Azzaro Club Men (R655 vir 75 ml EDT) Suurlemoen en papaja is vars in Azzaro Club Men (R655 vir 75 ml EDT)

Kruisement en suurlemoen maak dié nuwe weergawe varser – Tom Ford Noir Eau de Toilette (R1 130 vir 100 ml EDT) Kruisement en suurlemoen maak dié nuwe weergawe varser – Tom Ford Noir Eau de Toilette (R1 130 vir 100 ml EDT)

Vir die energieke man – pomelo, saffraan en rooihout word gekombineer in Ralph Lauren Polo Red (R919 vir 75 ml EDT) Vir die energieke man – pomelo, saffraan en rooihout word gekombineer in Ralph Lauren Polo Red (R919 vir 75 ml EDT)

Vir die man met ’n sterk persoonlikheid – Prada Luna Rossa Extreme (R830 vir 50 ml EDT) Vir die man met ’n sterk persoonlikheid – Prada Luna Rossa Extreme (R830 vir 50 ml EDT)

’n Klassieke geur met vars note soos pienk peper, pynappel en pomelo – Hugo Boss Hugo Red (R885 vir 125 ml EDT) ’n Klassieke geur met vars note soos pienk peper, pynappel en pomelo – Hugo Boss Hugo Red (R885 vir 125 ml EDT)

Sakpas en gesofistikeerd – Revlon Man Club Casino All In (R260 vir 100 ml EDT) Sakpas en gesofistikeerd – Revlon Man Club Casino All In (R260 vir 100 ml EDT)

*Die produkpryse is voorgestelde pryse en kan verskil van winkel tot winkel

Koop ook die perfekte geur vir jou man in die SARIE-winkel