Net omdat die ekonomie knyp, hoef jy nie vaal te voel en jouself af te skeep nie. Veral nie jou haarkleur nie! Die oplossing vir ’n vars somer haarkleur wat lank gaan hou? Ligstrepies! En met die regte tegniek kan dié eenvoudige kleurstrepies ’n reuse-verskil aan jou voorkoms maak ...

Die goeie nuus vir dié van ons wat ’n bietjie geld wil spaar, is dat die haarkleurtegnieke wat tans hoogmode is, baie mooi uitgroei, sê David Gillson, meesterstilis en direkteur van die haarsalongroep Carlton Hair International. “Tegnieke soos balayage, flamboyage, gesmelte kleur (colour melting) en baba-ligstrepies (baby lights) is maklik om te onderhou.” Met dié tegnieke word skakerings na aan jou eie haarkleur ingespan om jou hare ’n natuurlike voorkoms te gee. Wanneer die kleur dan uitgroei, sien jy dit nie so duidelik nie.

Boonop kan ’n multi-dimensionele haarkleur (pleks van net een kleur) jou jare jonger laat lyk!

Probeer dié bekostigbare haarkleur-idees:

1. Balayage

Ligstrepies word met die vry hand "aangeverf" en die eindresultaat is hare wat lyk of die son dit natuurlik ligter gekleur het.

Die SA aktrise Amalia Uys het onlangs haar kenmerkende rooi hare met dié tegniek laat kleur.

Jessica Biel

Gisele Bündchen

2. Baba-ligstrepies

Baie fyn en ligte sonstrepies word in jou hare gesit om dit dimensie en ’n songoue glans te gee, sonder dat dit te veel afwyk van jou natuurlike haarkleur.

Miranda Kerr

Karlie Kloss

3. Gesmelte kleur

Met dié tegniek lyk dit of verskillende skakerings kleur in mekaar insmelt. Baba-ligstrepies word op die boonste deel van jou hare ingesit en die onderste deel word alles ligter gekleur (amper soos ’n tipe ombré).

Drew Barrymore

Chrissy Teigen

4. Flamboyage

’n Spesiale kleefstrook word gebruik om jou hare plek-plek “op te tel” en dan gekleur vir natuurlike dimensie. Die punte is gewoonlik effens ligter. Beskikbaar by salonne wat Davines-produkte aanhou.

Olivia Palermo

Lees nou

Kyk hoe lyk Jamie Oliver se baba!

Selluliet: 7 dinge wat jy moet weet