Inperking het deel van ons nuwe normaalgeword, met stygende infeksiesyfers is dit vir ons moeilik om ’n ander realiteit te visualiseer. 

Al word ons grotendeels tot die binnemure van die huis beperk, is dit dalk juis nou die tyd om jouself eerste te plaas. Met ons roetine voor inperking, was ’n gejaagde lewe nie buitengewoon nie en was dit nie vreemd om jouself onder op die prioriteislysie te plaas nie. In ’n mediaverklaring van Placecol word daar wenke gelys oor hoe ons goeie selfversorging tuis kan toepas. 

1. Drink water soggens

Esna Colyn, uitvoerende hoof van Placecol, glo in die Japanese gewoonte om soggens jou sisteem skoon te spoel. Probeer om sodra jy opstaan sowat 500ml water te drink wat sal help om van toksiene ontslae te raak. 

2. Eet ’n gesonde ontbyt

Dit beteken nie noodwendig ’n tradisionele plaasontbyt nie, maar maak eerder seker om kossoorte in te sluit wat ook voordelig vir jou vel is. Probeer byvoorbeeld vrugte soos papaja wat die ensiem papaïen en alfahidroksisure bevat wat ondermeer jou vel bevog en liggies kan afskilfer. 

FOTO Instagram / Rosie Heals

3. Hou streng by jou velsorgroetine

Reinig en bevog jou vel in die oggend én aand. Probeer om ’n gesigolie by jou velsorgroetine te voeg. ’n Gesigolie is noodsaaklik om ekstra voeding aan jou vel te verskaf. jou velwand te versterk en om vog in te seël. 

4. Fokus om jou hormone gebalanseerd te hou

“Ons word daagliks aan oormatige hoeveelhede van estrogeen blootgestel wat die estrogeen in ons liggame naboots,” lui die mediaverklaring. Probeer om genoeg groen groentes en vesels in te kry sodat jou hormone op natuurlike wyse gereguleer kan word.