Met die koms van die lente raak ons al hoe meer opgewonde oor die nuwe haar-trends. Begin solank beplan aan jou lente-oormaaksessie met dié vyf haarkleur-idees wat nou hoogmode is.

Dié seisoen geniet blonde hare weer ’n tyd in die kollig, het Lesley Jennison, internasionale hoof van kleur vir Schwarzkopf Professional, by ’n onlangse mediageleentheid in Johannesburg gesê. “Blond is altyd ’n gewilde kleur vir die lente omdat dit vars, vrolik en prettig is."

Gelukkig is daar soveel verskillende weergawes van blond dat daar beslis iets vir elkeen – selfs die donkerkoppe – is. Probeer een van dié haarkleur-trends:

1. Platinumblond

Dié witblonde haarkleur is een van die grootste giere van die jaar. Bekendes soos Katy Perry, Kristen Stewart, Cara Delevingne én Karlie Kloss het almal binne net ’n paar maande hul hare ysblond gekleur. Die skakering is gewaagd en pas die beste by ’n ligte gelaatskleur met ’n koel of pienk ondertoon.

Katy Perry

YOUR HOSTESS WITH THE MOSTEST@VMAS @shearerphoto

A post shared by KATY PERRY (@katyperry) on

Karlie Kloss

Home is wherever I'm with you, Ted Drewes

A post shared by Karlie Kloss (@karliekloss) on

2. Uitgegroeide haarwortels

Wie sou ooit kon dink dat haarwortels wat donker uitgroei, mode sou word? By die 2017 MTV Video Music Awards in Augustus het talle sterre met uitgegroeide haarwortels op die rooi tapyt verskyn. Dis goeie nuus vir dié wat wil geld spaar tussen haarkleursessies. Dra jou hare met ’n paadjie vir ’n moderne, sjiek voorkoms.

Sarah Hyland

Oh yeah. I'm a blonde now.

A post shared by Sarah Hyland (@therealsarahhyland) on

Olivia Wilde en Kate Mara

3. “Cream Soda”-blond

Nee, dis nie groen hare nie … Dié nuwe haarkleur-trend – so gedoop deur die bekende Los Angeles-haarstileerder Sunnie Brook  verwys na die liggoue kleur van die oorspronklike vanieljegeur Cream Soda-koeldrank. As platinumblond net té waaghalsig voel, is dié beige haarkleur met subtiele wit en goue skakerings ’n goeie opsie vir die warmer maande. Dis vars en pas boonop by die meeste velkleure.

Elisabeth Moss

Radiant! @jimmykimmel #ElisabethMoss Tap for team x

A post shared by Sunnie Brook (@sunniebrook) on

 

Fall #haircut + color inspo Lovin' this cashmere texture + curtain fringe... and golden cream soda color x

A post shared by Sunnie Brook (@sunniebrook) on

4. "Strobing" vir hare

Gesmelte kleur of colour melting is ’n haarkleur-tegniek wat gebruik word om dit te laat lyk asof verskillende skakerings kleur by mekaar "insmelt" op jou hare, verduidelik Lesley. Deesdae word die tegniek ingespan vir hair strobing, waar ligstrepies spesifiek rondom jou gesig aangewend word om jou gelaatstrekke te definieer. Dit sorg ook vir ’n gesonde glans in jou hare.

Gigi Hadid

Fresh new for @gigihadid @patrickta @mimicuttrell

A post shared by Bryce Scarlett (@brycescarlett) on

Margot Robbie

@margotrobbie wearing @Zimmerman @kateyoung @patidubroff @adamslee_ @traceycunningham1

A post shared by Bryce Scarlett (@brycescarlett) on

5. Karamel-strepe

Vir dié met donkerbruin of swart hare is karamelkleurige ligstrepe gewild. Dit komplementeer alle gelaatskleure en skep boonop ’n natuurlike, multidimensionele voorkoms wat jou jonger kan laat lyk omdat dit herinner aan die goue sonstrepies waarmee jong kinders ná ’n seevakansie spog.

Olivia Munn

Jessica Alba

Bronne: www.glamour.com, www.goodhousekeeping.com, www.redbookmag.com

Lees nou

Sagte rokerige oë – Victoria Beckham wys jou hoe!

Dié haarkleur verander saam met jou bui