Is jy op soek na ’n nuwe maskara? Ons is mal oor dié vyf wat nou nuut op die rak is. 

2016 se gewildste babaname!

Het jy geweet?

Sê dankie vir Mabel Williams, ’n jong Amerikaanse vrou, vir haar aandeel in dié slim uitvindsel. Sy’t in 1915 petroleumjelle (Vaseline) en steenkoolpoeier gemeng om haar wenkbroue en wimpers donkerder te maak en onwetend gehelp om een van die eerste maskaras te skep.

Daar loop baie stories oor hoekom Mabel enigsins die behoefte gehad het om haar wimpers met dié konkoksie te besmeer. Een daarvan is dat sy dit per ongeluk geskroei het terwyl sy kos op ’n stoof gemaak het en wou red wat te redde is deur dit donkerder te kleur.

’n Ander staaltjie is dat Mabel haar ekskêrel wou terugwen. Sy was glo oortuig dat donker, smeulende oë die pad is na sy hart. Hoe dit ook al sy, Mabel se broer, Thomas Lyle Williams, ’n entrepreneur, het vinnig gesien hier’s ’n geldmaak-geleentheid. Hy’t die formule van haar produk aangepas en begin verkoop. Later het hy ’n nuwe "maskara"-produk ontwikkel, ’n soliede blokkie grimering en ’n borseltjie, en dit Maybelline gedoop (’n kombinasie van Mabel en Vaseline) – ’n treffer, en só is ’n reuse-skoonheidsmaatskappy gebore.

Happy #NationalLashDay, pretties! We're celebrating with our girl, @gigihadid in #pushupmascara.

A photo posted by Maybelline New York (@maybelline) on

Dié rok van Kate Middleton wil almal hê