Vind jy die geur van rose onweerstaanbaar? Ons maak jou parfuumsoektog makliker met dié vyf nuwe parfuums waaroor roosliefhebbers gaande sal wees!

Jy kan verwag om vanjaar ’n paar nuwe roosparfuums te sien. Dis op die oomblik ’n groot gunsteling in die parfuumwêreld en ook in ons skoonheidskas.

’n Parfuumkenner het eens gesê mans is mal daaroor as ’n vrou ’n roosgeur dra, sê Charis van den Heever, SARIE se skoonheidsredakteur. Dis omdat dit vir hulle ’n bekende reuk is. Dit herinner hulle ook aan ’n bos blomme, iets wat hulle assosieer met vroulikheid en bederf.

Met roos as sterbestanddeel, is dié volgende parfuums nou die perfekte toevoeging tot jou parfuumversameling.

Probeer dié produkte:

1. Montblanc Lady Emblem (R1010 vir 50ml EDP)

2. Dolce and Gabbana Dolce Rosa Excelsa (R1450 vir 50ml EDP)

3. Rochas Mademoiselle Rochas (R1010 vir 50ml EDP)

4. Narciso Rodriguez Narciso Rouge (R1425 vir 50ml EDP)

5. Elie Saab Le Parfum Rose Couture (R1120 vir 50ml EDT)

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady EmblemINOARIsa Carstens AcademyKalahari en kykNET.

SARIE Voorbladgesig 2018