Hier's 5 produktipes om te probeer:

Aanbly-opknapper Ryker as ’n gewone opknapper, maar ligter as ’n masker. ’n Aanbly- opknapper (leave-in conditioner) is ’n ou gunsteling wat jou hare ekstra bevog.

Masker

Ryk en romerig. 'n Masker is 'n luukse bederf vir jou kroon en dring jou hare diep binne om dit te voed

Serum

'n Serum is al lank a gonswoord in velsorg, en nou ook in haarsorg. As jy graag blink, gladde hare wil hê, is dié produk jou antwoord.

Droë sjampoe

Die oplossing as jou hare neig na olierigheid en jy dit nie elke dag wil was nie. Net 'n paar spuite is nodig vir hare wat skoner lyk en voel.

Haarolie

Dis die nuwe sterproduk vir jou hare. Dis veelsydig en gevul met strelende bestanddele soos plantolies wat bevog, beskerm en voed.

1. Hoe werk aanbly-opknapper?

Die formule is ligter as die´ van ’n gewone opknapper, wat dikwels swaar olies bevat en jou hare olierig kan laat lyk as jy dit nie baie goed afspoel nie, se^ Cassandra Taylor, haarproduk-ontwikkelingsbestuurder by die verbruikers-maatskappy Unilever. Die aanbly-produk help om jou hare deurlopend vogtig te hou totdat jy dit weer was.

Wat is die voordele? Om ’n aanbly-opknapper te gebruik is soos om lyfroom op jou lyf aan te wend vir vog. Dit keer dat jou hare droog, bros en vaal lyk. Dit kan ook voorkom dat stileerprodukte soos mousse en jel jou hare hard en krakerig laat voel. Wie kan die produk gebruik? Ligter formules bevog fyn hare sonder dat dit swaar voel, terwyl ryker weergawes ideaal is vir growwer krulhare. Jy kan ’n aanbly-opknapper daagliks aanwend. As jy gereeld jou hare stileer of sukkel met droe¨ hare, sal ’n aanbly- opknapper jou hare bevog en beskerm. Hoe voeg ek dit by my roetine? Gebruik jou gewone sjampoe en opknapper soos gewoonlik. Maak jou hare dan liggies droog met ’n handdoek en wend die aanbly-opknapper aan van die middel van jou hare na die punte. Vermy jou kopvel en die hare naby jou wortels.aanblyopknapper

2. Hoe werk 'n masker?

Maskers is ontwikkel om jou hare te voed, terwyl opknappers hoofsaaklik bevog en help om van knope ontslae te raak, se^ Cassandra. Wat is die voordele? Dit verbeter die algehele toestand van jou hare en daar is vandag formules wat spesifieke kwessies soos gebreekte hare, ’n tekort aan vog en vaal kleur takel. Wie kan die produk gebruik? Almal. Kies net ’n masker wat ontwikkel is vir jou spesifieke haarsoort. Hoe voeg ek dit by my roetine? ’n Masker behoort altyd deel te wees van jou roetine. Jy gebruik ’n masker gewoonlik een of selfs twee keer ’n week, na gelang van jou hare se toestand. Wend dit aan op hare wat jy liggies met ’n handdoek droogdruk nadat dit gewas is en los dit aan vir die tyd wat op die verpakking aangedui word. Spoel dit dan goed af.

maskers

3. Hoe werk haarolie?

Die molekules van vandag se haarolies is klein genoeg sodat dit jou hare dieper kan binnedring om dit te voed, bevog, reinig en laat blink sonder dat dit olierig voel, se^ Sean Cox, eienaar en hoofstilis van Swept Hairdressing in Sandton.

Wat is die voordele? Haarkleursel en stilering met ’n haardroe¨r of stileeryster kan die kutikel (buitenste laag) van jou hare beskadig en die binneste deel kwesbaar maak, verduidelik Cassandra. Haarolies bedek die kutikel om hare gladder en gesonder te laat lyk. Wie kan die produk gebruik? ’n Olie werk vir enige haartekstuur. Krulhare lyk sag en los, terwyl fyn hare bevog is sonder om plat te val.’n Olie is ryker as ’n serum en gaan jou hare meer voed. Hoe voeg ek dit by my roetine? Wend ’n olie aan voordat jy jou hare was vir ekstra voeding of na´ die tyd om te keer dat vog ontsnap. Hoewel ’n olie baie goed is vir jou hare, is dit nie ideaal om daagliks te gebruik nie. Twee tot drie keer ’n week is genoeg.

haarolie

4. Hoe werk droë sjampoe?

’n Droe¨ sjampoe bestaan uit baie fyn poeier wat enige olie op jou hare absorbeer en dus die voorkoms van skoner hare gee. Wat is die voordele? Buiten dat jou hare skoner lyk, kan dit ook help om volume te skep by jou wortels. Wie kan dit gebruik? ’n Droe¨ sjampoe is geskik vir alle haarsoorte, maar werk veral goed vir fyn hare wat platval en swaar voel die dag nadat dit gewas is. Hoe voeg ek dit by my roetine? Die´ produk moet slegs tussen wasse gebruik word en nie´ as ’n alternatief vir gewone sjampoe nie.

droesjampoe

5. Hoe werk 'n serum?

Soos haarolies, is serums ontwikkel om jou hare te voed, maar die formule is ’n ligter alternatief, se^ Cassandra. Serums bevat gewoonlik silikon wat jou kutikels bedek en jou hare glad laat lyk. Dit weerkaats ook lig sodat jou hare blink. Wat is die voordele? ’n Serum beskerm jou hare teen skade wat stilering, besoedeling, humiditeit en die son kan veroorsaak en gee dit ’n glansende voorkoms. Wie kan die produk gebruik? Krulhare, wat dikwels droog en onnet kan lyk, en hare wat maklik breek of beskadig is deur chemiese behandelings of haarkleur baat veral by ’n serum. As jy reguit hare het, kan dit gebruik word om hare te laat blink. ’n Serum is ’n goeie opsie as jy bang is ’n olie is te swaar vir jou hare. Hoe voeg ek dit by my roetine? Die beste is om ’n klein hoeveelheid van die produk aan nat hare te wend nadat jy dit gewas het, van die middel van jou hare na die punte. Vermy jou kopvel om te keer dat hare swaar is.

serum