Ná die Tweede Wêreldoorlog het vroue hul behoefte aan glans en vroulikheid uitgedruk met gekartelde hare. Marilyn Monroe se koketterige krulle is wêreldwyd nagevolg. DRA DIT NOU SÓ
Sagte retro-kartels pas hare met enige tekstuur (fyn, medium of grof) en elke lengte. Charlize Theron dra haar krulle sag en kort en Gisele Bündchen wys hoe om groot krulle in langer hare te laat werk. Kry dié voorkoms met die hulp van krullers of span jou stileeryster in. – Zana Young Kry Hollywood-inspirasie by
Charlize Theron, Reese Witherspoon en Gwen Stefani.