Gesonde, dik hare het geblink onder die disko-ligte van die 70’s. Die media het dit die me decade gedoop. In 1976 het Farrah Fawcett se kapsel die kollig gesteel in die TV-reeks Charlie’s Angels. DRA DIT NOU SÓ
Hierdie styl werk met dik en growwe hare, wat goed lyk met groot, golwende krulle. As jy fyn hare het, kry hulp met produkte wat volume gee of gebruik groot krullers aan die voorkant en langs jou kop. – Zana Young Kry Hollywood-inspirasie by
Gisele Bündchen en Brooke Shields.