In die 90’s het almal Jennifer Aniston se haarstyl beny toe sy die gewilde Rachel Green in die TV-reeks Friends gespeel het.  Haar hedendaagse weergawe, wat effe langer is, laat ook die koppe draai. DRA DIT NOU SÓ
Hierdie styl werk die beste met medium tot dik hare. Dit lyk goed as dit gesny word sodat jou hare natuurlik om jou gesig val. Die lang lae laat jou hare voller lyk en dit omraam jou gesig. – Zana Young Kry Hollywood-inspirasie by
Jennifer Aniston, Calista Flockhart en Kylie Minogue.