Die afgelope paar jaar is weliger, natuurlike wenkbroue hoogmode. Dis omdat weliger wenkbroue jou jonger laat lyk.

FOTO: Instagram/@tamaryngreen
FOTO: Instagram/@kendalljenner

Daar is verskillende wenkbrou-vorms om van te kies. Jou gesigvorm en oë sal ’n goeie aanduiding kan gee oor watter wenkbrou-vorm by jou pas. Dikker wenkbroue wat ’n bietjie meer reguit loop, komplementeer die meeste vroue.

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Ons is gewoond om ’n geboogde vorm te trek wanneer ons ons wenkbroue met ’n wenkbrou-potlood inkleur. Dis wel nie die enigste vorm wat jou gesig sal help raam en afgerond laat lyk nie.

Die nuwe gewilde wenkbrou-vorm is reguit en vorm nie ’n boog nie en staan bekend as “boy brows". Bekendes soos Kendall Jenner, Natalie Portman, Olivia Culpo en selfs ons eie Tamaryn Green dra hul wenkbroue so.

FOTO: Instagram/@kendalljenner
FOTO: Instagram/@kendalljenner
FOTO: Instagram/@tamaryngreen
FOTO: Instagram/@tamaryngreen

Dié reguit wenkbrou-voorkoms is baie maklik om te skep. Die subtiele reguitlyn kan jou gelaatstrekke sterker en jeugdig laat lyk.

Só skep jy die “boy brow”-voorkoms:

1. Kam jou wenkbroue in ’n skuins opwaartse rigting en wend wenkbrou jel aan.

2. Trek ’n subtiele reguitlyn met jou potlood aan die onderkant van jou wenkbroue.

3. Moenie ’n reguitlyn aan die bo-kant van jou wenkbroue trek nie. Dit sal ’n onnatuurlike voorkoms skep wat dalk te reguit lyk.

4. Kleur die punte van jou wenkbroue liggies in. Probeer dun lyntjies teken vir ’n meer natuurlike voorkoms.

View this post on Instagram

German Vogue by @luigiandiango

A post shared by Kendall (@kendalljenner) on

Bronne: www.elle.comwww.eonline.com