Ons weet hoe belangrik dit is om ’n basislaag voor jou onderlaag aan te wend. ’n Basislaag maak jou vel mooi egalig en verseker dat jou onderlaag heeldag perfek hou.

Dié ekstra stap in jou grimeerroetine kan egter tydrowend wees, en dikwels maak ons die fout om te dink ons kan dit maar oorslaan, net om later spyt te wees.

Basislaag- (primer) water is perfek vir vroue wat nie te veel tyd aan hul grimeerroetine kan afstaan nie. Met net twee spuite berei dit jou vel in ’n kits voor voordat jy jou onderlaag aanwend. Agterna gebruik jy dit dan as ’n sproei om jou grimering te set.

Basislaag-water verhelder die kleurpigment van oogskadu en skep ’n songekuste, glansende gelaat. Boonop help dit om jou vel goed gehidreer te hou. Dis dus ideaal vir vroue wat sukkel met ’n droë vel.

As jou grimering te dik aangewend is of onnatuurlik lyk, kan so twee spuite basislaag-water jou grimeer-voorkoms in ’n kits regstel. Dis omtrent ’n wonder-produk! 

FOTO Getty Images / Gallo Images

Stap 1

Sproei so twee spuite aan jou gesig voordat jy onderlaag aanwend. Sproei 20-25 cm van jou gesig af.

Stap 2

Wend die res van jou grimering aan.

Stap 3

Sproei weer so twee spuite om jou grimering te set en ekstra glansend te laat vertoon.

Wenk

Sproei deur die loop van die dag as jou grimering begin vaal lyk. Dit sal jou gelaat en grimeer-voorkoms ophelder en glansend laat vertoon.

Probeer die produkte:

Smashbox Photo Finish Primer Water Set & Refresh Spray (R245)

Catrice Prime and Fine Multitalent Fixing Spray (R81). Beskikbaar aanlyn by www.takealot.com

Revlon Photoready Prep, Set, Refresh Mist (R229). Beskikbaar aanlyn by www.takealot.com

Estée Lauder Set + Refresh Perfecting Makeup Mist (R450)

Rimmel Insta Fix & Go 2 in 1 Primer & Setting Spray (R130). Beskikbaar aanlyn by superbalist.com