In ’n onlangse onderhoud met Harper’s Bazaar het Hollywood-ster Charlize Theron verklap dat haar wenkbroue en wimpers vir haar baie belangrik is. Sy sê haar grootste “aha”-oomblik was toe sy ’n wimperkruller ontdek het. “Dit was so 15 jaar gelede. Nou verlaat ek nooit die huis daarsonder nie. Deur net jou wimpers te krul is soos ’n mini-facelift!”

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Die nut van ’n wimperkruller word onderskat. Tog maak dit ’n merkbare verskil aan jou voorkoms. Dit help om jou wimpers volume en lengte te gee en dan het jy nog nie eens maskara gebruik nie! Gekrulde wimpers vertoon jeugdig en romanties en laat jou oë groter en wyer lyk. 

Beauty product

Só krul jy jou wimpers:

1. Hou die wimperkruller soos ’n skêr vas.

2. Maak die kruller oop en plaas dit teenaan die haarwortels.

3. Maak seker dat die kruller oor al jou wimpers strek.

4. Druk die kruller versigtig toe en hou vir so paar sekondes.

5. Beweeg die kruller nou opwaarts sodat die kurwe van die kruller in lyn met die vou van jou ooglid is.

6. Maak die kruller so paar keer effens oop en toe terwyl jy die wimpers krul.

7. Herhaal seksie vir seksie tot jy by die punte van die wimpers kom.

WENK
Maak jou wimperkruller warm deur dit effens met jou haardroeër te blaas. Só sal jou wimpers makliker krul en langer hou. Toets hoe warm die metaal is voor jy die toestel gebruik.

Pasop:

Wees versigtig om nie jou sagte ooglidvel te knyp met jou wimperkruller nie. Kies ’n kruller waarvan die vorm en lengte by jou oogvorm pas. Dié met ’n baie geronde kurwe het ’n groter kans om die vel te knyp.

Probeer dié produkte:

1. M.A.C Full Lash Curler (R495)

2. Clicks Rose Gold Eyelash Curler (R47)

3. WBeauty Eyelash Curler (R85)

Bronne: www.beautylish.comwww.belashed.org en www.harpersbazaar.com