Sy is pasgetroud, mev. Tebow. En ons kan nie genoeg kry van Demi-Leigh Nel-Peters se pragtige trouvoorkoms nie. Vir die SARIE-skoonheidspan was haar unieke lipkleur veral opvallend. 

Dit het treffend by die skakerings van haar natuurlike en minimalistiese grimeervoorkoms gelyk.

FOTO Skermgreep / Instagram / Renee de Wit

Demi-Leigh is deur Renee de Wit, bekende grimeerkunstenaar, gegrimeer vir haar troue. Renee sê Demi-Leigh wou hê haar grimering moes natuurlik en moeiteloos lyk. 

Dis hoekom dit werk:

Met die gewildheid van die no make-up-grimeervoorkoms en die fokus op ’n goed versorgde vel, maak dit sin dat neutrale lipstiffie gewild is. Demi-Leigh se natuurlike skakering skep ’n vars en jeugdige voorkoms, en die pienk ondertoon maak dit modern en treffend. Neutrale lipstiffie met pienk, mauve of roos ondertone is in die kol vir 2020 en beslis iets wat almal kan dra.

Pasop vir ’n skakering wat te donker of te lig vir jou velondertoon is. Dis belangrik dat die skakering mooi uitstaan, maar nie jou gelaat uitgewas laat lyk nie. Lees meer hier.

Dís die geheim:

  • Renee het haar lippe met ’n neutrale lippotlood met ’n effense pienk ondertoon ingekleur. Dit help dat die lipstiffie langer hou en helderder lyk. 
  • Daarna is twee verskillende lipprodukte aangewend om ’n unieke lipkleur van neutrale bruin met ’n roos ondertoon te skep.

Die lipomlyner wat Renee gebruik het, is ongelukkig nie in Suid-Afrika beskikbaar nie. ’n Goeie plaasvervanger is Bobbi Brown Lip Pencil in Ballet Pink (R375), volgens Renee.

Dié twee lipkleure is gebruik:

M.A.C Retro Matte Liquid Lipcolor in Lady Be Good (R330)

Bobbi Brown Lip Color in Brownie (R440)