KLASSIEKE BLOU OË 

Danksy die internasionale kleurkenner Pantone wat die diepblou “Classic Blue” as hul kleur van die jaar gekies het, is skakerings van blou vir jou oë in die kol.

Volgens Pantone simboliseer dié kleur kalmte, stabiliteit en rustigheid – kenmerke wat ons nou met Covid-19 gaan deurtrek. En as grimeerskakering is dit tegelyk nostalgies en modern.

Blou is ’n staatmakerkleur vir alle veltone en oogkleure omdat jy nie tot ’n spesifieke skakering beperk word nie, sê Sarah Whiteside, grimeerkunstenaar en haarstilis van Kaapstad.

FOTO Getty Images / Gallo Images

“Blou is nie net blou nie, dis vlootblou, babablou, blougroen, helderblou, turkoois en saffier.” Speel met oogskadu, oogomlyner en selfs maskara.

FOTTO Instagram / Sir John

“Dra ’n helderblou katoog vir ’n smeulende voorkoms. Vir ’n meer subtiele voorkoms, verruil jou swart maskara vir ’n vlootblou skakering of wend net ’n enkele blou skakering oogskadu oor jou hele ooglid aan,” stel Sarah voor.

Probeer die produkte:

1. L’Oréal Paris Paradise Extatic Maascara in Fleur (R200) 

2. GOSH Hybrid Liner & Shadow in Blue (R140). By Edgars 

3. Revolution Reloaded Eyeshadow Palette in Deep Dive (R135). By Clicks