Dis die een dag wat jou grimering perfek moet lyk. ’n Foutlose gelaat, gedefinieer met verbronser en blosser, en treffende ooggrimering móét met die perfekte skakering lipstiffie afgerond word.

Jy hoef nie verder vir inspirasie te soek nie. Refinery29 berig aanlyn bessierooi skakerings is tans supergewild onder bruide ... dink aan donker pruimkleur, vars bosbessie, wynrooi en selfs ’n maroen tulp-skakering.    

Dié skakerings skep ’n treffende lip-voorkoms en plaas klem op jou glimlag. Dis klassiek en tydloos, maar terselfdertyd smeulend, waaghalsig en verleidelik.

Dra dit só:

Kies ’n lipstiffie met ’n satynafwerking om jou lippe definisie te gee en effens te versag. Hou die res van jou grimering lig met ’n tikkie verligter op jou wange, glans op jou ooglede en hope maskara.

Probeer dié produkte:

1. M.A.C Satin Lipstick in Captive (R250)

2. Clinique Pop Lacquer Lip Colour & Primer in Love (R305)

3. Elizabeth Arden Plush Up Lip Gelato in Flirty Fuchsia (R299)

4. Estée Lauder Pure Color Envy Matte Sculpting Lipstick in Decisive Poppy (R470)

5. Revlon Colorstay Ultimate Suede Lipstick in Preview (R229)

Bron: www.refinery29.com