Ons almal het al van mousse-onderlaag gehoor, maar wat van mousse-lipstiffie?
Lipstiffies met ’n mat-afwerking is baie gewild omdat die kleur so lank hou, maar dis geneig om ’n droë gevoel op jou lippe te laat. Dit kan selfs jou lippe laat uitdroog en barsies maak. Dit is maar die prys wat baie van ons betaal om lipstiffie te kan dra wat heeldag hou.
Al mousse-lipstiffie probeer? Die formule is veerlig, maar die kleur vertoon helder en mat.
Mousse-lipstiffies voel sag, vogtig en poeierig op jou lippe. Dit laat jou lippe glad nie droog voel nie en hou lank. Wanneer dit begin vervaag, bly jou lippe egalig gebleik met die kleur, teenoor mat-formules wat korserige dele agterlaat.
Dis die ideale oplossing vir ’n helderkleurige voorkoms wat mat vertoon én jou lippe bevog.
Probeer dié produkte:
1. Urban Decay Lo-Fi Lip Mousse in Frequency (R300)
2. NYX Powder Puff Lippie Lip Cream in Group Love (R176)
Bronne: www.elitedaily.com
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET