Die Critics’ Choice Awards is Sondag in Kalifornië gehou, en soos gewoonlik het die sterre nie teleurgestel op die blou tapyt nie. Ons kon nie anders nie as om op te let dat talle bekendes neutrale grimering gedra het, maar met donkerder pruim en kersierooi skakerings op hul lippe gewaag het.

Ons is mal oor dié treffende lipvoorkomste. Almal kan dit dra, maar onthou: by treffende lipkleure is dit belangrik om die res van jou grimering eenvoudig te hou sodat die fokus op jou lippe bly.

Olivia Munn

SANTA MONICA, CA - JANUARY 13: Maggie Gyllenhaal
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Elizabeth Olsen

SANTA MONICA, CA - JANUARY 13: Maggie Gyllenhaal
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Emmy Rossum

SANTA MONICA, CA - JANUARY 13: Maggie Gyllenhaal
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Patricia Clarkson

SANTA MONICA, CA - JANUARY 13: Maggie Gyllenhaal
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Chrissy Teigen

SANTA MONICA, CA - JANUARY 13: Maggie Gyllenhaal
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Maggie Gyllenhaal

SANTA MONICA, CA - JANUARY 13: Patricia Clarkson
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Die SARIE-skoonheidspan het met Chris Williams, plaaslike grimeerkunstenaar van Estée Lauder, gesels. Hy verduidelik hoe jy dié kleure dra.

Roesbruin

Die afgelope jaar maak die negentigerjare ’n terugkeer en daarmee saam ook dié dekade se gewilde bruin lipstiffieskakerings. Met roesbruin lyk jy selfversekerd en supermodern. Enigiemand kan die skakering dra, solank die kleur ’n warm, rooi ondertoon het, sê hy.

Dra dit só:

Kies ’n roesbruin lipstiffie met ’n satynafwerking om jou lippe definisie te gee en effens te versag. Hou die res van jou grimering lig met ’n tikkie verligter op jou wange, glans op jou ooglede en hope maskara.

Chris se wenk:

Wend eers ’n bietjie verbloemer op jou lippe aan om enige rooiheid te neutraliseer. Wend daarna jou roesbruin lipstiffie aan. Die kleur gaan mooier en helderder vertoon.

Probeer:

NYX Professional Makeup Matte Lipstick in Dark Era (R130)

Eiervrug-purper

Smeulende pers lipstiffie is steeds gewild en lyk waaghalsig en verleidelik. Vir die kouer maande is ’n purper lipstiffie met ’n bruin, swart of donkerpers ondertoon in die kol.

Dra dit só:

Donkerpers skakerings is geneig om jou lippe kleiner te laat lyk. As jy dunner lippe het, kies een met ’n effense blink of satynafwerking om jou lippe voller te laat lyk. As jy vol lippe het, sorg ’n matafwerking vir ’n treffende voorkoms.

Chris se wenk: 

Gee jou purper lippe subtiel glans deur ’n bietjie goue oogskadu liggies in die middel van jou lippe aan te tik nadat jy jou lipstiffie aangewend het.

Probeer:

The Body Shop Colour Crush Matte Lipstick in Osaka Plum (R128)

Steenkool-swart

Danksy die herlewing van gotiese glans in die mode- en skoonheidswêreld is swart op jou lippe tans ’n reuse-tendens. As jy waaghalsig genoeg is om dié skakering te dra, kies ’n lipstiffie met ’n blink afwerking wat jy laag op laag kan aanwend om die kleur sagter of meer intens te laat lyk. Gelukkig pas swart by alle vel- en haarkleure.

Dra dit só:

Maak jou swart lippe die fokuspunt van jou voorkoms en hou die res klassiek en sag vir balans. Vul jou wenkbroue in en wend ’n warm blosserskakering op jou wange aan. Rond dan jou voorkoms af met net ’n dun lyntjie oogomlyner en maskara.

Wenk: 

Donker lipstiffies beklemtoon dikwels barste en droogheid op jou lippe. Skilfer daarom gereeld jou lippe liggies met ’n lipskrop af.

Probeer:

Revlon Super Lustrous Lipstick in Black Cherry (R159)

Sonsondergang-rooi

Elke vrou behoort ’n rooi lipstiffie in haar grimeersakkie te hê. Dié seisoen se rooi lipstiffie het ’n effense oranje ondertoon vir ’n jeugdige, stylvolle voorkoms.

Dra dit só:

’n Rooi lipstiffie met ’n matafwerking bly ’n staatmaker. Dis treffend, hou lank op jou lippe en smeer nie maklik nie. Hou die res van jou grimering eenvoudig. Net ’n dun lyntjie vloeibare oogomlyner en maskara is nodig.

Probeer:

Max Factor Lipfinity Long Lasting Lipstick in So Luxuriant (R170)