Mej. SA en Mej. Heelal 2017, Demi-Leigh Nel-Peters, is ’n tydlose skoonheid waarvan niemand genoeg kan kry nie. Talle hou haar Instagram-blad fyn dop vir styl-, hare- en grimering inspirasie. 

Onlangs het Demi-Leigh ’n video aanlyn gedeel waar sy wys hoe om te grimeer in slegs 10 minute. Sy deel ook oulike grimeerwenke wat jou sal help om tyd te bespaar.

Volg die wenke:

#Verbronser is meer veelsydig as wat jy dink

Verbronser definieer jou wangbene en skep ’n songekuste gelaat, maar dit kan óók gebruik word as oogskadu en om jou hele gesig te kontoer. Wend verbronser bo-op jou wangbene aan, oor jou ooglede en teenaan jou kakebene, tempels en brug van jou neus. 

#Wenkbroujel skep welige wenkbroue in ’n kits

Rond jou wenkbroue sterk af deur ’n wenkbroujel te gebruik. Dit skep ’n welige voorkoms en hou jou wenkbrouhaartjies mooi in plek. Sommige formules bevat aktiewe bestanddele wat jou wenkbroue voed.

#Veeldoelige verligter 

Begin deur verligter effens bo jou wangbene aan te wend. Gebruik jou vinger of ’n kleiner grimeerkwassie en tik verligter aan die binnehoeke van jou oë, op jou oogbanke, tempels, neus en bo-aan jou kupido-boog.

Kyk die video hier:

Demi-Leigh gebruik dié produkte:

M.A.C Bronzing Powder (R465)

Smashbox Studio Skin Full Coverage 24 Hour Foundation (R590)

Clinique High Impact Extreme Volume Mascara (R410)