Binnekort vier ons die dag van die liefde en watter beter dag om op ons mooiste te lyk! Gelukkig is Suid-Afrika se se eie Glam Guru, Hannon Bothma, daar om ons te help om die perfekte Valentynsdag-voorkoms te skep. In ’n mediaverklaring het hy hierdie slim grimeerwenke gedeel.  

Probeer dié wenke:

Moenie jou grimering oordoen nie

Jy moet darem steeds herkenbaar lyk! Hou jou grimering glansend en natuurlik: Dit moet jou gelaatstrekke beklemtoon, nie verbloem nie. Rond jou grimering af deur ’n gesigsproei te gebruik. So sal jou grimering langer mooi lyk en nie smeer nie.

Hannon’s Moisture Seal Spray (R168)

Fokus op jou oë

Die regte ooggrimering kan ’n treffende en sensuele voorkoms skep. ’n Katoog-voorkoms is ideaal vir Valentynsdag. Volgens Lesley Whitby, grimeerkunstenaar van Johannesburg, is die katoog “sexy en interessant sonder om oordadig te wees”.

Elizabeth Arden Beautiful Color Bold Defining Felt Tip Liquid Eyeliner (R285)

Gee jou wimpers woema

Welige wimpers laat jou oë groter, oop en wakker lyk. Wend swart oogomlyner met ’n plat borsel in die gapings tussen jou wimperhaartjies aan. So kom dit voor asof jou wimpers nader aan mekaar lê sodat dit nóg weliger lyk.

Almay Liquid Lash Extenders Mascara (R199)

Skep ’n pragtige glans

Verbronser skep ’n glansende en gedefinieerde voorkoms. Die geheim is om ’n produk te kies wat slegs een skakering donkerder as jou onderlaag is. Rond jou voorkoms af deur bietjie verbronser teenaan jou haarlyn, langs jou slape en op jou kakebeen aan te wend.

The Body Shop Honey Bronze Highlighting Dome in 03 Bronze (R230)