Ons hou altyd daarvan om ’n nuwe skoonheids-hack te leer. Tog klink party van dié truuks soms ’n bietjie verregaande – selfs al kom dit van ’n bekende internasionale grimeerkunstenaar af! Die gewilde sangeres Beyoncé se grimeerkunstenaar, Sir John, het onlangs ’n vreemde wenkbrou-wenk gedeel …

Met ’n onlangse besoek aan Suid-Afrika op uitnodiging van Woolworths het Sir John laat val dat hy mal is daaroor om ’n gomstiffie (soos Pritt) op sy kliënte se wenkbroue te gebruik. Dís hoe hy hul wenkbroue tem, tekstuur gee, en seker maak dat dit van oggend tot aand in plek bly. “Dis die perfekte wenkbrou-jel wanneer dit baie warm is. Dit verstop nie jou porieë nie en was maklik af,” het hy al aan E!Online gesê.

Die modelle Karlie Kloss en Ashley Graham is ook van Sir John se gereelde kliënte.

#FBF #MetBall vibes ??? @karliekloss

A post shared by S I R J O H N (@sirjohnofficial) on

Ons is nie so seker of ons dit sal probeer nie … Sal jy?

Jou wenkbroue is een van die belangrikste fokuspunte wanneer jy grimeer. Dit raam jou gesig en kan jou jonger laat lyk. Veral dikker wenkbroue wat ’n bietjie meer reguit loop en tekstuur het, lyk mooi by die meeste vroue. ’n Wenkbrou-jel word gebruik om deurmekaar wenkbroue te tem en om te help om die kleur en vorm langer te laat hou.

Probeer eerder dié wenkbrou-produkte:

1. NYX Control Freak Eyebrow Gel Clear (R120)

By Clicks

2. Benefit Browvo! Conditioning Primer (R425)

By uitsoekwinkels van Edgars

3. Estée Lauder Brow Now Stay-In-Place Brow Gel (R350)

4. Eylure Brow Control & Shape Gel (R95)

By Dis-Chem

5. Dr. Hauschka Brow and Lash Gel (R395)

By Woolworths

Bronne: www.eonline.com, www.beautycrew.com.au