Op 72-jarige ouderdom lyk die Britse aktrise Helen Mirren steeds fantasties. Nou het sy onthul wat die een ding is wat ’n reuse-verskil aan haar voorkoms gemaak het. Die antwoord? Voller wenkbroue.

In ’n onderhoud met die Britse nuuswebblad Daily Mail het Helen erken dat sy onlangs haar wenkbroue laat microblade het, ’n tegniek wat tatoeëerkuns inspan om jou wenkbroue voller te laat lyk.

“Ek was moeg daarvoor dat my wenkbroue skaars sigbaar was,” het sy aan Daily Mail gesê. Nadat sy dit laat doen het, was sy baie beïndruk met die resultate. “Dis baie lig en delikaat gedoen, maar dit beteken dat wanneer ek soggens wakker word en ek het nie enige grimering aan nie, het ek ten minste wenkbroue. Dit maak ’n groot verskil.”

Helen het dié foto van haarself sonder grimering voor die Oscar-toekennings op Instagram gedeel.

Oscar night before

A post shared by @ helenmirren on

Grimeerkenners kan nie uitgepraat raak oor hoe belangrik goedversorgde wenkbroue is nie. Dit raam jou gesig en rond jou voorkoms af. Voller wenkbroue wat natuurlik lyk is waarna jy nou moet streef. En as jy nie geseën is met welige wenkbroue nie is die microblading-tegniek ’n uitstekende oplossing.

Hoe werk dit?

’n Opgeleide terapeut gebruik ’n spesiale pen met fyn naaldjies om mikro-snytjies in die epidermis (die boonste deel) van jou vel te maak, waarna pigment in die vel geplaas word. Dié fyn lyntjies lyk net soos haartjies en die eindresultaat is natuurlik en subtiel. Omdat die pigment net in die epidermis geplaas word, vervaag dit oor tyd soos wat jou vel natuurlik afskilfer. Na gelang van hoe vinnig jou vel se afskilferingstempo is, kan die eindresultaat een tot vier jaar hou (hoe jonger jy is, hoe vinniger is die afskilferingstempo).

Kyk net watter verskil kan microblading maak!

Moenie skrik nie!

Baie vroue skrik as hulle hul wenkbroue die volgende dag sien. Omdat die mikro-snytjies baie fyn rofies begin vorm, lyk jou wenkbroue heelwat donkerder (moenie bekommerd wees nie, die rofies is nie erg opsigtelik nie). Maar ’n week of wat later, sodra die rofies afgeval het, lyk dit mooi.

Die plaaslike bekendes Karlien van Jaarsveld en Angelique Gerber is ook aanhangers van microblading.

Karlien van Jaarsveld

Band practice #inonsskoene 21 Maart @emperors_palace @bobbyvanjaarsveld #elah

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Angelique Gerber

Lyk nes sy pappa - my hart wil ontplof van liefde vir die lyfie!

A post shared by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on