Die laaste ruk sien ons talle Hollywood-bekendes wat met wit oogomlyner op hul oë pronk – van Blake Lively tot Katy Perry. Dis verfrissend en super–modern.

Wit oogomlyner is die perfekte oplossing om donker kringe weens swart oogomlyner wat soms tot onder jou oë vanaf jou waterlyn verskuif, te vermy. Dis ’n helder, treffende kleur en laat jou oë groter lyk. Hou dus die res van jou grimering eenvoudig.

Dra dit só: 

Wit oogomlyner kan op verskeie areas van jou oë aangewend word: aan die binnehoeke van jou oë, bo-op jou ooglid of selfs aan die binnekant van jou waterlyn. Wend oogomlyner bo-op die ooglede dun of selfs in ’n katoog vorm aan. Gebruik ’n klein oogomlyner borsel om die wit kleur in die ooghoeke egalig aan te wend. Jy kan ook ’n dun, egalige lyn aan die binnekant van die waterlyn aanwend. Maak seker jy kies ’n oogomlyner met 'n matafwerking vir ’n gladde voorkoms.

Blake Lively dra gereeld wit oogomlyner aan die binnehoeke van haar oë.

FOTO: Getty / Gallo Images

Die wit oogomlyner aan die binnekant van die waterlyn, laat Katy Perry se oë groter lyk.

FOTO: Getty / Gallo Images

Probeer dié produkte:

1. NYX Professional Slide On Eye Pencil Pure White (R120)

By Clicks

2. Essence Long Lasting Eye Pencil White (R55)

3. Michelle Ori Eye Liner Longwear White (R110)

4. Rimmel Colour Precise Eyeliner White (R99)

5. Smashbox Always On Gel Liner (R295)