Die afgelope naweek het African Fashion International (AFI) hul Modeweek in Kaapstad gehou, met top-ontwerpers van oral uit Afrika wat hul skeppings op die loopplank kom vertoon het.

AFI het met La Maison Des Arts, Avon en die grimeerkunstenaar Raine Tauber kragte saamgesnoer om seker te maak dat al die modelle se grimering foutloos is.

Raine, wat al by die Modeweke in Parys en Milaan gewerk het, het vyf opwindende nuwe grimeer-trends gedeel.

1. Kunstig

Impressionistiese skilderkuns ryk aan kleur en tekstuur wys waaroor hierdie tendens gaan. Helder kleure word wasig op die oë, lippe en wange aangewend. Dis speels en spontaan, eksperimenteer gerus wanneer jy die voorkoms probeer!

FOTO Instagram / LMDA Atelier
FOTO Instagram / Sir John

2. Ornamenteel

Versier jou gesig met glinsterstof en siersteentjies vir bietjie drama. 

FOTO Instagram / LMDA Ateliers
FOTO Instagram / Vogue Beauty

3. Sensueel

’n Stemmiger, maar steeds betowerende voorkoms. Ongewone kleurkombinasies word subtiel gevlek op die ooglede en lippe met ’n groot fokus op die vel.

FOTO Instagram / Ashish

4.  Oranjerooi

Oranje lipskakerings met ’n rooi ondertoon is vanjaar gróót. Verkry die voorkoms deur ’n laag rooi én oranje lipstiffie aan te wend, of gaan loer by jou naaste skoonheidstoonbank. Dié skakering is nou orals beskikbaar.

FOTO Instagram / Preen by Thornton Bregazzi
FOTO Instagram / Vogue Beauty

5. Dink ink

Vloeibare oogomlyner word nou effens anders aangewend. Dink aan ekstralang gevlerkte oë, grafiese lyne en unieke kinkels op jou ooglede. Dis belangrik om ’n goeie oogomlyner te gebruik om ’n foutlose en gedefinieerde voorkoms te kry. 

FOTO Instagram / Vogue Beauty
FOTO Instagram / Sir John

Watter tendens is jou gunsteling?