Die hertogin van Sussex, Meghan Markle het aan vrouens bewys dat jou vel stralend en afgerond, tog natuurlik kan lyk.

FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Instagram/@kensingtonpalace

In ’n onlangse onderhoud met E! News het Meghan se grimeerkunstenaar, Daniel Martin vertel dat hy velsorgprodukte gebruik om Meghan se vel glansend te laat lyk.

Die velsorgproduk Eucerin Aquaphor Soothing Skin Balm (R85) dien as verligter om Meghan se gelaatstrekke te beklemtoon en te verlig. Dié produk is ’n helende salf wat dieselfde tekstuur as Vaseline het.

Kry só Meghan se natuurlike glans:

1. Wend eerstens verligter op die fokuspunte van jou gesig aan.

2. Tik met jou vinger van Eucerin Aquaphor Soothing Skin Balm bo-oor jou verligter aan.

3. Sodoende sal jy daardie glansende, mat voorkoms verkry wat afgerond en natuurlik voorkom.

Probeer dié verligters:

1. Urban Decay Afterglow Highlighter (R420). By Foschini.

2. Maybelline Master Blush Color and Highlighting Kit (R262)

3. Bobbi Brown Brightening Brick (R780)

4. Smashbox Spotlight Palette (R585)

Bronne: www.elle.com