Mej. Suid-Afrika, Tamaryn Green, pronk op SARIE se September-voorblad. Dié uitgawe is nou te koop! 

Tamaryn skitter in ’n blou halternekrok, wat spesiaal deur Biji Couture vir die fotosessie ontwerp is, lees meer hier. Dié Paarliet en mediese student straal van innerlike en uiterlike skoonheid.

FOTO: Marijke Willems

Boonop is ons gaande oor haar rokerige ooggrimering, neutrale lippe en die bloesende pienk blos op haar wange. Dit komplementeer haar treffende gelaatstrekke perfek. 

Die SARIE-Skoonheidspan het met die plaaslike grimeerkunstenaar Alex Botha, wat Tamaryn se grimering vir haar voorblad-fotosessie gedoen het, gesels.

FOTO: Marijke Willems
FOTO: Marijke Willems
FOTO: Marijke Willems
FOTO: Marijke Willems

Só is Tamaryn voorbladmooi gemaak:

1. Alex het eers Tamaryn se rokerige ooggrimering gedoen voor sy onderlaag en verbloemer aangewend het. As daar van die oogskadupoeier op haar wange val, is dit so maklik om weer skoon te vee. “Dit voorkom ook die oormatige gebruik van verbloemer. Daarna kan jy onderlaag op ’n skoon vel aanwend,” verduidelik Alex.

2. Om haar oë te beklemtoon het Alex Tamaryn se boonste wimperlyn met ’n swart oogpotlood omlyn. Sy het dit ook tussenin die wimperhaartjies aangewend vir ’n treffende voorkoms sonder enige gapings.

3. Omdat haar oë donker omlyn is, was dit volgens Alex nie nodig om ook ’n donker skakering op haar ooglede te gebruik nie. Sy het brons en beige skakerings gekies en subtiel aangewend.

4. Alex het Tamaryn se vars en glansende gelaat geskep deur ’n verligter aan haar wangbene te wend en daarna blos in 'n perskepienk skakering.

5. Haar voorkoms is met ’n neutrale lipskakering afgerond. “As jy rokerige oë het, hou jou lippe eenvoudig. Gebruik ’n vleeskleurige lipstiffie en versag dit deur ’n lipglans bo-oor dit aan te wend.” 

Probeer dié produkte:

Revlon Primer and Shadow Palette (R255)

Stila Waterproof Stay-All-Day Liquid Eyeliner (R295). By Woolworths.

Estée Lauder Double Wear Brush On Glow BB Highlighter (R485)

Revlon Powder Blush in Orchid Charm (R249)

Smashbox Always On Matte Liquid Lipstick (R330)

Bobbi Brown Crystal Lip Gloss (R320)

Kry jou SARIE September-uitgawe vir nóg inspirasie - nou te koop!

SARIE se September-uitgawe