Die Oscar-wenner Gwyneth Paltrow het onlangs bekendes genooi vir ’n spesiale ete, maar met ’n interessante voorvereiste. Niemand mag met grimering opdaag nie! 

Kate Hudson, Demi Moore en Rachel Zoe was van die bekende gesigte wat die #nomakeup-ete bygewoon het. 

View this post on Instagram

No make up, no filter. An amazing gathering of some of the best women on planet earth #goopglow

A post shared by Gwyneth Paltrow (@gwynethpaltrow) on

Haar kuiergaste is gevra om saam aan tafel te sit om natuurlike skoonheid te vier sowel as die onlangse bekendstelling van die Goop Glow-skoonheidsreeks. 

FOTO Instagram / Goop

Gwyneth span haar leefstyl-platform Goop in om interessante onderwerpe rondom gesondheid en welstand te ontsyfer en te bespreek. Die leefstyl-platform bestaan ook uit ’n aanlyn-winkel waar dié skoonheidsreeks te koop is.

Om die strate onbeskaamd met geen grimering aan te durf, raak al hoe meer ’n algemene tendens. Sedert #nomakeup-selfies so paar jaar gelede op sosiale media begin gewild geraak het, het vroue meer vrymoedigheid om hul natuurlike skoonheid te omarm.

Dit beteken glad nie dat jy jou grimeersakkie moet bêre nie, maar moet nooit glo dat jy elke dag grimering móét dra nie. Gee jou vel ’n ruskans, jy kan steeds goed lyk én voel.

Só lyk jy op jou beste sonder grimering:

  • Moenie vergeet om steeds sonskerm aan te wend nie. Kies ’n sonskerm met voggewende- of voedende bestanddele, dit sal help om jou vel te bevog en merke teen te werk sodat jou natuurlike gelaat op sy mooiste lyk.
  • Krul jou wimpers met ’n wimperkruller, dit help om jou wimpers volume en lengte te gee.
  • Kam jou wenkbroue effens opwaarts vir ’n netjiese voorkoms. Die Hollywood-grimeerkunstenaar Sir John deel ’n oulike wenk: "Vee ’n wenkbrouborsel oor ’n koekie seep tot dit heeltemal met seep bedek is en kam dan jou wenkbroue skuins en opwaarts met die borsel." Die wasagtige tekstuur van die seep laat wenkbrouhaartjies voller lyk en dit bly heeldag só in plek. 
  • Droë lippe skep ’n onversorgde voorkoms. Wend ’n voedende lipbalsem aan wat jou lippe bevog en ’n natuurlike glans skep.

Probeer die produkte:

1. Bioderma Photoderm Spot-Age SPF 50+ Anti-spots Antioxydant Gel-cream (R215)

2. Aloe Unique SPF30 Sun Lotion (R139) Beskikbaar by uitsoeksalonne en aanlyn by www.aloeunique.co.za

3. SKOON. Soentjies Lip Balm (R55) Beskikbaar by uitsoeksalonne en aanlyn by www.faithful-to-nature.co.za

4. Clarins Hydra-Essentiel Moisture Replenishing Lip Balm (R270)