Voller en langer wimpers rond jou grimeervoorkoms af. Dit laat jou oë groter vertoon en lyk sensueel.

Maar nie almal is so gelukkig om welige wimpers te hê nie. Opsies soos wimperverlengings en vals wimpers is wel beskikbaar, maar op lang termyn kan dit jou wimpers beskadig en laat uitval, wat dit net erger maak.

FOTO Getty Images / Gallo Images

Die meeste grimeerkunstenaars is dit eens dat ’n wimperkruller ’n groot verskil kan maak. Dit laat jou oë onmiddellik groter, oop en wakker lyk, sê Lesley Whitby, grimeerkunstenaar van Johannesburg en eienaar van die wenkbrou-salon Brow Doll.

As jy egter dikwels soggens nie tyd het om jou wimpers te krul nie, is dit ’n goeie plan om te gaan vir ’n lash lift-behandeling. Chemiese formules word gebruik om jou wimperhaartjies eers te versag en dan in ’n regop vorm te set, verduidelik Natalie Schelin, eienaar van die salon Browtique in Johannesburg.

View this post on Instagram

Lash lift- the beauty hack that will revolutionize your makeup routine ??????????‍?? • Appointments- natalie@browtique.co.za 0731527554 • More info- www.browtique.co.za

A post shared by Browtique (@browtique_by_nats_) on

“Pleks daarvan om die wimperhaartjies te krul word die haarwortels in ’n opwaartse rigting gedruk om die illusie van langer, voller wimpers met ’n natuurlike krul te skep. Dit verg minder instandhouding as byvoorbeeld vals wimpers of wimperverlengings en jy kan steeds maskara dra.”

Die behandeling duur sowat ’n uur en hou vir ses tot agt weke, na gelang van jou wimpers se natuurlike groeisiklus.

Probeer ’n wimper-detoks

Ons is geneig om ons wimpers af te skeep. Ons gebruik maskara wat reeds verval het of maak van vals wimpers gebruik. Ons gebruik opknapper vir ons hare, hoekom dan nou nie ook vir ons wimpers nie?

Probeer ’n wimperserum, dit bevat aktiewe bestanddele wat die haartjies versterk sodat dit nie maklik breek nie en seël vog in sodat jou wimpers voller en gesonder lyk.

Probeer dié produkte:

1. Mavala Eye Care Double-Lash (R337)

2. Rapidlash Eyelash Enhancing Serum (R999). By uitsoeksalonne

3. L’Oréal Paris Paradise Extatic Primer (R180) en Mascara (R200)

4. Catrice Lash & Brow Designer Shaping & Conditioning Mascara Gel (R53)

Bron: www.dailymail.co.uk