Foutlose ooggrimering neem ekstra tyd, wat ons nie altyd het nie! Maar met ’n paar basiese stappe onder die knie kan jy ook jou ooggrimering aanwend sodat dit professioneel lyk. Die voormalige skoonheidsredakteur Ryno Mulder van Makeup by Ryno in Johannesburg vertel hy het verlede jaar as voltydse grimeerkunstenaar begin werk om gewone vroue te wys hoe hulle óók soos hul gunsteling-voorbladster kan lyk. Hier is sy top-wenke.  

Skep ’n glansryke oogvoorkoms in ’n kits

1. Vee ’n mat vanieljekleur oogskadu oor jou hele ooglid aan.

2. Skakeer ’n warm bruin oogskadu by die vou van jou oog in.

3. Voeg ’n klein bietjie donkerbruin oogskadu net aan die buitehoek van jou oog by.

4. Trek ’n strepie swart oogskadu op jou boonste ooglid as ’n sagte oogomlyner.

5. Rond met maskara af.

BEVERLY HILLS, CA - SEPTEMBER 14: Keira Knightley
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Omskep dié voorkoms van dag na aand

Tik ’n goue oogskadu aan die middel van elke ooglid vir ’n tikkie sprankel.

Het jy geweet?

Ryno het onlangs sy eie grimeerpalet bekend gestel. Die Freak Unique-palet is aanlyn beskikbaar by www.facebook.com/makeupbyryno teen R380.

¤?ôëúM?s???g!?

Ryno beskryf die palet as veelsydig. “Daar is mat poeiers, glinster- asook glimmende roombasis-oogskadu’s en al die kleure is sweetbestand en sal lank hou.” 

¤?ôëúM?s???g!?

Sy kenmerkende grimeerstyl, wat hy soft glam noem, kan met die palet geskep word. “My gunsteling-skakerings om dié subtiel glansryke oogvoorkoms te skep is vanielje, warm bruin, swart, goud en glinsterende roesrooi.”