Die Mexikaanse skilder Frida Kahlo is beroemd vir haar selfportrette. Die reeks skilderye van haar met haar vlegselkranse versier met blomme, haar aaneenlopende wenkbroue en kleurryke grimering inspireer nie net kunsliefhebbers nie, maar ook die mode- en skoonheidswêreld. Ja, jy kon Frida altyd deur ’n ring trek, ondanks die feit dat sy in later jare aan 'n rolstoel gekluister was. 

FOTO Instagram / Frida Kahlo
FOTO Instagram / Esteelaundry

Nou is van haar juwele, grimering en bykomstighede in die uitstalling Frida Kahlo: Appearances Can Be Deceiving in New York te sien. Die uitstalling bied ’n insiggewende kykie in hoe sy haar tweede skilderdoek - haar gesig - versier en grimeer het. 

Frida se grimering
Frida se naellak
Frida se naellak
Frida se parfuum
Frida se parfuum
Frida se parfuum

Só het Frida grimeer:

  • Sy het begin deur Pond's Dry Skin Cream orals aan haar gesig te smeer.
  • Volgende het sy los gesigpoeier op haar gesig aangewend.
  • Daarna het sy haar ikoniese wenkbroue netjies gekam en effe met swart pigment ingekleur.
  • Nou was sy gereed om haar lippe en wangbene met skakerings van rooi en pienk te tooi. Revlon se Bright Pink Blush Compact in Ravishing Rose was haar gunsteling.
circa 1950: Mexican artist Frida Kahlo (1907 - 19
FOTO Getty Images / Gallo Images

Het jy geweet?

Frida het haar sogenaamde “manlike gelaatstrekke” soos haar aaneenlopende wenkbroue gevier en nie daarvan gehou om ’n haartangetjie te gebruik nie.

Probeer dié produkte:

Pond's Perfect Colour Complex Beauty Cream (R41)

Revlon Powder Blush in Ravishing Rose (R249)

Bron: www.vogue.com